Posted on Leave a comment

Blomme in my tuin – Desember 2017

Dagsê Lesers,

Op hierdie fantastiese somerdag het ek gevoel ek wil ’n paar foto’s met julle deel van blomme in my tuin.

Blomme in my tuin

Oral waar ek gaan, pluk ek stiggies en maak my eie plantjies – dit is so erg dat ek al selfs ’n snoeiskêr in my handsak het! (Wat my man vir my gekoop het!)

Ek het ’n klein versameling van plante oor die laaste paar jaar bymekaargemaak en probeer sovêr moontlik die wetenskaplike name van die plante leer. Dit is vir my baie lekker om my plantjies te identifiseer. Ek weet dat baie mense nie daarvan hou nie – maar plante het so baie algemene name dat ek naderhand geen idee het van watter plant daar gepraat word nie. Dit is ook baie makliker om meer inligting oor ’n sekere plant te kry as mens die wetenskaplike naam het, soos of die plant hou van skadu of direkte sonlig en wat vir my baie belangrik is, Continue reading Blomme in my tuin – Desember 2017

Posted on Leave a comment

Spesiale Spoegdoek

Dagsê Lesers,

Ons is baie opgewonde om ons nuwe item bekend te stel!
Ons maak nou ook spoegdoeke wat borduur word met een van vier prentjies, sowel as baba se naam.
Die spoegdoek word dan ook al om die rand gehekel om die doek mooi af te rond.

Spoegdoek – Eendjie

Klik gerus hier om die aanlyn winkel te besoek om al vier die motiewe te sien.
Hou gerus die webwerf dop vir nog items wat ons binnekort bekend sal stel!

Groete.


Posted on Leave a comment

Gehekelde Groen Boekmerk

Goeiedag Lesers,

Ons het nog ‘n kleur by die boekmerke gevoeg – groen!

Gehekelde Groen Boekmerk

Die oulike boekmerk wat van bottel groen akriel gare gehekel is met ‘n satyn lint, is nou te koop in ons aanlyn winkel.

Klik gerus op hier om die aanlyn winkel te besoek.

Hou gerus die web werf dop vir nog produkte wat ons binnekort sal bekend stel.

Groete

Posted on 2 Comments

Aartappel koekies

Dagsê Lesers,

Hierdie resep is nou voorwaar ’n wenner in ons huis. Ek maak dit gewoonlik saam met ontbyt in plek van aartappelskyfies. Ons het dit tot al saam met braaivleis geëet en dit bly heerlik!

aartappel-koekies

Ons gebruik nie graag kookolie nie en daarom maak ek die koekies in uitgebraaide skaapvet gaar, wat ons self uitbraai.

Hier is die resep:

Bestanddele:

500ml (240g) geskilde, grof gerasperde aartappel Continue reading Aartappel koekies

Posted on Leave a comment

Vlek behandelings middel

Dagsê Lesers,

Vandag is ek weer baie opgewonde om my vlek behandeling resep met julle te deel. Eerstens wil ek net sê dat hierdie resep net werk vir wit wasgoed en dat dit die nie gebruik kan word met wasgoed wat enige kleur in het nie – nee nie eens daardie vadoek van jou met die een blou strepie op nie!
Ek het ’n stel wit plekmatjies en het altyd gesukkel om hulle wit te hou tot ek hierdie fantastiese resep gekry het. Nou sal ek met ’n geruste hart ’n bottel beet slaai oopmaak en ek weet as ek of my gaste dalk op die plekmatjies mors, sal ek dit weer skoon kry.

SKOON PLEKMATJIES

Hier is die resep:

Bestanddele:

2 eetlepels koeksoda
1 eetlepel sunlight skottelgoedseep Continue reading Vlek behandelings middel

Posted on 2 Comments

Gehekelde Serp – V- Steek

Dagsê Lesers,

Ek is mal oor serpe en dra selfs in die somer serpe – natuurlik van ligte materiaal of ’n gehekelde kant serp. Ek het so ’n versameling van serpe en as ek enige iets hekel wat net min of meer lyk na ’n serp dan vra my man al: “Ek hoop nie daardie is nog ’n serp nie?” Ek glo nie ek sal ooit genoeg serpe hê nie…

Ek was saam met Leanie na die wol winkel en kon nie by die mooi wol verbystap nie – nodeloos om te sê stap ek toe daaruit met die wol in die hand en natuurlik gaan hekel ek toe ’n serp!

V-STEEK SERP

 

Ek het 2 balle van 50g Elle Fairy’s Delight (kleur: Zarina) gebruik en die serp is net 1.5meter lank. Indien jy van ’n langer serp hou sal ek voorstel dat jy drie balle gebruik. Ek het ’n 3.5mm hekelpen gebruik. Continue reading Gehekelde Serp – V- Steek