Substitutes

Here is a list of substitutes:

Ingredient Substitute
Baking Powder Mix 2ml cream of tartar and  1ml baking soda for every 5ml baking powder needed.
Butter or Margarine Use 220ml cooking oil for every 230g butter or margarine needed.
Self Raising Flour Sieve 525g (4 x 250ml, measured before sifting) cake flour, 30ml cream of tartar and 15ml bakingsoda 4 times together.
Milk Mix 250ml cold water with 60ml milk powder for every 250ml melk needed.
Sugar Honey or golden syrup can be used in place of sugar when baking. Use three quarters honey or  syrup for the amount of sugar given.
Yeast 1 cake (20g) yeast is the equivalent of one packet (10g) or 12.5 ml active dry yeast.
Sour milk Add 20ml lemon juice or vinegar to 250ml milk.
Sour cream Add 20ml lemon juice or vinegar to 250ml cream.

20 thoughts on “Substitutes

  1. Kan u my dalk help. Ek gebruik bruismeel of koekmeel om beskuit te bak. Het net wit broodmeel. Kan ek dit gebruik?

    1. Goeiedag Hannetjie.

      Die enigste verskil tussen koekmeel en brood meel is die hoeveelheid gluten in die meel. (En somtyds of die meel gebleik is of nie)
      Broodmeel is gewoonlik ‘sterker’ met meer gluten.
      Jy kan dit gebruik vir beskuit ja. Ek het nog nooit probeer koek bak met brood meel om dit te toets nie maar vir beskuit sal dit werk.
      Groete!

  2. Goeie dag, ek wil graag brood bak maar ek het slegs koekmeel & bruismeel. Ek het nie broodmeel nie. Sal dit werk?

    1. Goeiedag Carla.
      Ja dit sal beslis werk, ek bak al my brode met koekmeel.
      Groete.

  3. kan jy margerine /botter met olie vervang in beskuit

    1. Goeiedag Renette,

      Ja mens kan botter / margarien met olie vervang. Gewoonlik is dit reël dat dit met slegs driekwart vervang word. Met ander woorde as jou resep een koppie botter neem, gebruik dan net ‘n driekwart koppie olie. Een ding wat ek ondervind het is om nie canola olie in beskuit te gebruik nie, dit het vir my ‘n slegte nasmaak mens proe die olie, gebruik liewer ‘n skoon sonneblom olie, dit het nie ‘n prominente smaak in die beskuit nie. Hoop dit help!
      Groete.

  4. Ek het nie koekmeel ,slegs bruismeel kan ek dit gebruik vir korslose melkyert

    1. Goeiedag Ninette,

      Ek aanvaar dat jy die melktert beslag wil dik maak met die bruismeel?
      Ek is nie seker of dit nie dalk ‘n smaak kan byvoeg nie, maar dit behoort die beslag te verdik kan nie sien hoekom dit nie kan werk nie. Laat weet gerus vir ons hoe dit uit gewerk het, dan leer ons almal!
      Groete.

  5. Kan ek soet koekies bak met broodmeel

    1. Goeiedag Bonita,

      Ek glo dit sal werk vir klein koekies.
      Laat weet gerus hoe dit uitgekom het!
      Groete.

  6. Waarmee kan ek semels vervang. Sukkel om dit te kry. Groot asb..

    1. Goeiedag Anne,

      Ek sal voorstel probeer iets soos All Bran Flakes, maar gebruik 1 koppie fyn gebreekte All Bran Flakes vir 1 koppie semels. As jou resep se semels in gewig aangedui is verwerk dit na koppie maat toe. 400g semels is 8 koppies. Ek hoop dit help.
      Groete.

  7. More
    Koffiekoekies is hard met wat kan ek holsum vervang ek kry nerens nie. Dankie

    1. Goeiedag Madelane,

      Holsum is wat hulle in Engels noem “Vegetable Shortening” Dit kan vervang word met botter of margarien.
      Vir elke koppie Holsum kan jy ‘n koppie en ‘n eetlepel botter/margarien gebruik.
      Met ander woorde vir elke 250ml holsum vervang dit met 265 ml botter of margarien.

      Groete.

  8. Ek vandag beskuit traai bak. Maar my deeghet nie gereis nie. Ek Google en Lee’s dat kits suurdeeg hoef nie te wag om te reis nie. Oja van al die resepte wat ek gelees het gebruik van hulle bakpoeie en ander nie. Ekt net klonte gebak. Karringmelk Moe’s dit wees daai mooi groottes. Ek weet my ma het met n artapel plantjie gebak. Dis te moeilik. Asb dankie vir jou steun.

    1. Goeiedag Louis.

      Daar is so baie verskillende resepte daar buite! Jammer om te hoor van jou beskuit.
      Wanneer jy kitsgis gebruik moet die deeg eers rys voordat dit in die oond gesit word tot ongeveer dubbel die grootte van die oorspronklike deeg.
      Sodra die deeg ‘n spesifieke hitte bereik gaan die gis dood en rys die deeg nie verder nie.
      Wanneer mens met bakpoeier of bruismeel bak, kan die deeg direk oond toe gaan.

      Groete.

  9. Ek verstaan nie … so ‘n mens vervang suurdeeg met suurdeeg ???? … moet dit nie ‘n ander produk wees nie ??? want ek het nie suurdeeg nie … maar ek het selfraising meel … gehoop dit sal die antwoord wees … maar nou lees ek daar is nie ‘n plaasvervanger vir suurdeeg nie …. bietjie jammer 🙁

    1. Goeiedag,

      Die plaasvervanger is vir kitsgis teenoor die nat blokkies gis.
      Mens kan in sekere gevalle bruismeel gebruik maar beskuit met bruismeel gebak sal nie dieselfde smaak of tekstuur hê as met kitsgis nie en jy sal natuurlik ‘n ander resep moet gebruik om die regte verhouding te kry tussen nat en droë bestanddele.

      Hoop dit help.

  10. Hello wat kan ek gebruik as ek nie kitsgis het nie, asb.

    1. Goeiedag Elrese,

      In watse resep gaan jy die kitsgis gebruik?

Leave a Reply