Eerstens wil ek net sê dat hierdie resep net werk vir wit wasgoed en dat dit die nie gebruik kan word met wasgoed wat enige kleur in het nie – nee nie eens daardie vadoek van jou met die een blou strepie op nie!
Ek het ’n stel wit plekmatjies en het altyd gesukkel om hulle wit te hou tot ek hierdie fantastiese resep gekry het. Nou sal ek met ’n geruste hart ’n bottel beet slaai oopmaak en ek weet as ek of my gaste dalk op die plekmatjies mors, sal ek dit weer skoon kry.
Hier is die resep:
Bestanddele:
2 eetlepels koeksoda
1 eetlepel sunlight skottelgoedseep
1 teelepel waterstof peroksied (6% of volume 20)
Metode:
Meng die bestanddele tot ’n pasta in ’n bakkie met ’n lepel.
Smeer die pasta met die lepel aan al die kolle.
Laat staan vir een uur.
Was soos normaal, net met warm water.
Laat weet gerus vir ons watse behandeling julle gebruik vir vlekke, ons wil baie graag julle wenke hoor!
Waarskuwing:
Hierdie resep is net getoets op wit wasgoed en sal sekerlik gekleurde wasgoed vlek.
Doen altyd ’n toets met enige bleikmiddel op ’n gedeelte van die item waar dit nie sigbaar sal wees indien die middel dalk die item bleik.
Let daarop dat verskillende tipes vlekke verskillende behandeling nodig het en dat proteïen vlekke (bv. bloed , sweet, ens. ) nie met warm water gewas moet word nie maar net met koue water.