Posted on 2 Comments

Gehekelde Serp – V- Steek

Dagsê Lesers,

Ek is mal oor serpe en dra selfs in die somer serpe – natuurlik van ligte materiaal of ’n gehekelde kant serp. Ek het so ’n versameling van serpe en as ek enige iets hekel wat net min of meer lyk na ’n serp dan vra my man al: “Ek hoop nie daardie is nog ’n serp nie?” Ek glo nie ek sal ooit genoeg serpe hê nie…

Ek was saam met Leanie na die wol winkel en kon nie by die mooi wol verbystap nie – nodeloos om te sê stap ek toe daaruit met die wol in die hand en natuurlik gaan hekel ek toe ’n serp!

V-STEEK SERP

 

Ek het 2 balle van 50g Elle Fairy’s Delight (kleur: Zarina) gebruik en die serp is net 1.5meter lank. Indien jy van ’n langer serp hou sal ek voorstel dat jy drie balle gebruik. Ek het ’n 3.5mm hekelpen gebruik.

V-STEEK NABY

Hier is die patroon:

ks = Kettingsteek
lb = Langbeen

Met 3.5mm hekelpen maak 31 kettingsteke (ks)

Ry 1:      In die 5de ks vanaf pen maak 1 lb, *slaan een ks oor en in volgende ks maak 1lb, 1 ks, 1lb (jou eerste v-steek) slaan een ks oor en in die volgende ks maak 1 lb* herhaal van * tot *

Ry 2:      Maak 3 ks en draai jou hekelwerk om, *in die 1ks spasie van die v-steek maak 1lb, 1ks, 1lb, maak dan weer 1lb in die lb van die vorige ry* herhaal van * tot *.

Herhaal ry 2 totdat die serp die lengte bereik het wat jy verkies.

Heg af en werk al die los drade weg.

Geniet jou serp!

Mariette

2 thoughts on “Gehekelde Serp – V- Steek

  1. Baie baie dankie dat jy die patroon met ons deel maklik en reguit gaan vanaand myne begin hekel

    1. Goeiedag Bridget,

      Dit is my plesier.
      Geniet hom!

Leave a Reply