Dagsê Lesers,
Op hierdie fantastiese somerdag het ek gevoel ek wil ’n paar foto’s met julle deel van blomme in my tuin.

Oral waar ek gaan, pluk ek stiggies en maak my eie plantjies – dit is so erg dat ek al selfs ’n snoeiskêr in my handsak het! (Wat my man vir my gekoop het!)
Ek het ’n klein versameling van plante oor die laaste paar jaar bymekaargemaak en probeer sovêr moontlik die wetenskaplike name van die plante leer. Dit is vir my baie lekker om my plantjies te identifiseer. Ek weet dat baie mense nie daarvan hou nie – maar plante het so baie algemene name dat ek naderhand geen idee het van watter plant daar gepraat word nie. Dit is ook baie makliker om meer inligting oor ’n sekere plant te kry as mens die wetenskaplike naam het, soos of die plant hou van skadu of direkte sonlig en wat vir my baie belangrik is, Continue reading Blomme in my tuin – Desember 2017

