Dagsê Lesers,
Hier volg weer ’n handige lysie van tuin take vir die maand:
In die groente en kruie tuin:
Plant:
Beet, blaarslaai, blomkool, bone, brokkoli, dill, ertjies, Continue reading Tuin take vir Maart
Dagsê Lesers,
Hier volg weer ’n handige lysie van tuin take vir die maand:
In die groente en kruie tuin:
Plant:
Beet, blaarslaai, blomkool, bone, brokkoli, dill, ertjies, Continue reading Tuin take vir Maart
Dagsê Lesers,
Ek is so opgewonde om my skottelgoedwasser seep resep met julle te deel.
Na maande van meng en toets en vele skottelgoedwassers vol skottelgoed wat steeds vuil was, het ek uiteindelik die resep wat werk vir my en hopelik ook vir julle!
Weereens het my seep resep geen boraks in nie. Klik gerus op die skakel, lees die artikel en vorm jou eie opinie oor boraks.
Die een ander ding wat ek kan sê oor die resep wat vir jou baie frustrasie gaan spaar is: DROOG JOU SOUT IN DIE OOND. Dit klink nou snaaks maar dit is ’n ding wat ek oor en oor ervaar het, net sodra die mengsel klaar gemeng is word dit so hard soos ’n klip! Sout het die manier om vog te trek (dit is hoekom daar ryskorrels in restaurante se soutpotjies is!) en al droog jy dit as jy dit koop – dit trek maar net weer vog. So die heel beste oplossing is om dit te droog voordat jy jou mengsel maak. Teen die tyd wat die sout weer begin vog trek behoort jou skottelgoedwasser seep op wees. Ek sprei die sout op ’n bakplaat en droog dit vir om en by 10 minute by 100 grade met die oond deur op ’n skrefie oop soos wat jy beskuit sal droog. Laat dit heeltemal afkoel (in die oond) en meng jou skottelgoedwasser seep.
Een van die bestanddele van die seep is sitroensuur wat nogal duur kan wees as mens dit in ’n gewone supermark koop. Ons het ’n winkel hier wat spesialiseer Continue reading Skottelgoedwasser Seep
Dagsê Lesers,
Verlede jaar het ons ’n artikel geplaas oor hoe om jou eie wasgoed seep te maak. Ons het wel agtergekom dat die seep nie altyd heeltemal oplos in die was nie en daarom het ons besluit om ’n vloeibare wasgoed seep te maak. Die seep is dan opgelos in die vloeibare seep en so kry jy al die krag van die seep in die was, waar jy dit nodig het.
Ek hou steeds nie van boraks nie en plaas weer die skakel vir julle oor boraks. Lees dit gerus en vorm jou eie opinie oor boraks.
Na ’n hele paar liter seep opgebruik is in my huis, het ek besluit dat dit is tyd dat ek resep met julle deel!
Hier is die resep:
1 koekie Sunlight seep (200g) gerasper Continue reading Vloeibare Wasgoed Seep
Dagsê Lesers,
Hierdie tamatie en uiesous is altyd ’n wenner by enige dis. Die heel lekkerste vir my is dat ek dit kan bottel, in die spens kan stoor en gebruik, soos ek dit nodig kry. Die resep lewer sowat 1.8L sous.
Hier is die resep: Continue reading Tamatie en uiesous
Dagsê Lesers,
Dit is reeds Desember! Ek kan nie glo die jaar het so verby gevlieg nie!
Hier volg nog n lysie van tuintake wat hierdie maand gedoen kan word.

In die groente en kruie tuin: Continue reading Tuintake vir Desember
Dagsê Lesers,
Ek het ook vir die eerste keer uie gedroog!
Om die uie te droog het ek die uie geskil en opgekap in stukkies.
Daarna het ek dit in ’n pot gesit, sout en water bygevoeg (dit is belangrik om sout by te sit want dit help met preservering) en gekook totdat dit gaar en deursigtig was.
Dagsê Lesers,
Dit is weer hierdie tyd van die jaar, wat die vrugtebome vol vrugte is en die groente in die groente tuin so groei dat jy dit amper kan hoor! Wat ‘n fantastiese tyd is dit nie?
Hier is ‘n handige lysie van tuintake vir November om die hande mee besig te hou.
In die groente en kruie tuin:
Plant:
Aartappels, artisjokke, aspersies, basielkruid, beet, blaarslaai, blomkool, brokkoli, Continue reading Tuin take vir November
Dagsê Lesers,
Een van ons lesers het gevra of ons enige inligting het oor die droog van patats. Ek het daar en dan begin met die voorbereiding om patats te droog.
Omdat patats so maklik verkleur het ek heel eerste ’n bak met ’n volume van 1.5l geneem en vol water gemaak en 15ml suurlemoensap daarin gegooi. Daarna het ek die patats goed skoon gewas onder lopende water en begin om dit te skil. Met patats moet mens die heeltyd in suurlemoen water werk, met ander woorde jy moet byna elke keer wanneer jy aan hom skil of sny, die patat in die suurlemoensap water doop. Ek het met elke 5de haal van die groente skiller, die patat in die suurlemoen water gedoop, totdat die hele patat klaar afgeskil is.
In stede daarvan om die patat op ’n snybord te plaas en in skywe te sny, het ek dit so stuk vir stuk uit die suurlemoen water uitgehaal opgesny weer teruggeplaas in die suurlemoen water. Continue reading Die droog van patats
Dagsê Lesers,
Ek het hierdie oulike gehekelde hartjie glasmatjies op die internet raak geloop en het besluit om dit met julle te deel.
Dit is ‘n baie eenvoudige patroon wat bestaan uit glipsteek, kettingsteke, kortbene en langbene.
Ek het Elle se “Premier natural cotton – 4ply” gebruik met ‘n 3mm hekel pen. Ek het uit een 50g bol van die genoemde hekel gare, sewe glasmatjies gehekel.
Dagsê Lesers,
Hierdie tyd van die jaar wanneer alles begin groei en groen word, jeuk ‘n mens se vingers darem om tuin te maak!
Hier volg ‘n handige lysie van take wat in die tuin verrig kan word in September.