Posted on Leave a comment

Tuintake vir September

Dagsê Lesers,

Hierdie tyd van die jaar wanneer alles begin groei en groen word, jeuk ‘n mens se vingers darem om tuin te maak!

Hier volg ‘n handige lysie van take wat in die tuin verrig kan word in September.

Kattekruid
Kattekruid

In die groente en kruie tuin:

Aartappel Plant
Aartappel Plant

Plant:
Aartappels, artisjokke, aspersies, basielkruid, beet, blaarslaai, dill, eiervrugte, ertjies, kattekruid, koljander, komkommers, komkommerkruid, kool, marjolein, mielies, pampoen, patat, radyse, rissies, salie, seldery, soetrissies, spanspek, spinasie, skorsies, stam- en rankbone, stevia, tamaties, tiemie, vinkel, waatlemoen & wortels.

By en bloeisels

In die blomtuin:

Plant:
Asters, celosias, dahlias, gazanias, josefskleed, kappertjies & petunias.

Ander tuintake:

• Spuit vrugtebome vir vrugtevlieg sodra ongeveer 80% van die bloeisels afgeval het.
• Dun vrugte uit wat te dig opmekaar sit.
• Maak tuin goed skoon en gee alle beddings ’n vars laag kompos.
• Haal digte meerjarige blomme en siergrasse uit en verdeel hulle.
• Gaan stutte van hoogblommende plante (soos ridderspore ) na.
• Verwyder voortdurend dooie blomme van lenteblommende plante.
• Verdeel ook winterblommende vetplante, grondbedekkers en aalwyne.
• Let op vir termiete in die tuin en bestry dit.
• Gee potplante gereeld water.
• Spuit rose ook voorkomend vir swartvlek en meeldou
• Indien jy nog nie rose na hulle snoei gevoed het met kunsmis nie, doen dit nou.
• Snoei heinings en vormplante.
• Snoei ook ryp beskadigde plante maar net sodra die kans van laatryp reeds verby is.

Lekker werk in die tuin!

Mariette

Leave a Reply