Posted on Leave a comment

Die droog van groenbone

Dagsê Lesers,

Ek het nou ook vir die eerste keer groenbone gedroog!
Dit was baie maklik en die voordeel daarvan is dat dit nou min spasie opneem en lank gestoor kan word.

Om die bone te droog het ek die bone eers goed afgewas en dit voorberei soos wat ek dit normaalweg sou doen.

Voorbereide groenbone

 

Daarna het ek dit in ’n pot gesit, sout en water bygevoeg (soos wat jy normaalweg sal insit – dit is belangrik om sout by te sit want dit help met preservering) en gekook totdat dit gaar maar steeds ferm was.

Nadat ek die boontjies gekook het, het ek die water afgegooi deur ’n vergiettes te gebruik en dit vir ’n halfuur so laat staan sodat die meeste water uit gedrup het.

Daarna het ek die boontjies oop op die rakkies van die droër gepak en gedroog.

Groenbone in droer

 

Dit het twee en ’n halwe dag geneem.

Gedroogde groenbone

Die 300g boontjies wat ek gedroog het weeg nou net 20g.

Ek hoop dat die inligting jou sal inspireer om jou eie groenbone te droog.
Onthou om altyd die gedroogde produkte lugdig te verseël met ’n suurstof ontnemer om dit vir ’n lang tydperk te stoor. Ek verkies om my produkte in glas te stoor en gebruik ’n glasbottel met ’n staaldeksel en ’n suurstof ontnemer wat ek dan op ’n donker, koel plek bêre.

Lekker droog.

Mariette

 

 

 

 

Belangrik: Hierdie artikel is bedoel om die leser van inligting te verskaf en eie navorsing moet ook gedoen word.
Leave a Reply