Posted on Leave a comment

Tuin take vir Maart

Dagsê Lesers,

Hier volg weer ’n handige lysie van tuin take vir die maand:

GROEN BONE FINAAL

In die groente en kruie tuin:

Plant:

Beet, blaarslaai, blomkool, bone, brokkoli, dill, ertjies, koljander, kool, koring, preie, radyse, rape, roket, seldery, spinasie, uie & wortels.

In die blomtuin:

Plant:

Madeliefies, Kaliforniese papawers & pronkertjies.

Ander tuin take:

Plant nuwe vrugtebome
Saai kappertjie sade tussen groente om plantluise van hulle af weg te lok.
Verdeel strelitzias as dit nodig is.
Maak steggies van rankrose.
Begin om digte meerjariges te verdeel soos daglelies en wilde-irisse.

Lekker tuinmaak!

Mariette

Leave a Reply