Dagsê Lesers,
Ek het ook vir die eerste keer uie gedroog!
Om die uie te droog het ek die uie geskil en opgekap in stukkies.
Daarna het ek dit in ’n pot gesit, sout en water bygevoeg (dit is belangrik om sout by te sit want dit help met preservering) en gekook totdat dit gaar en deursigtig was.
Nadat ek die uie gekook het, het ek die water afgegooi deur ’n vergiettes te gebruik en dit vir ’n halfuur so laat staan totdat die meeste water uit gedrup het.
Daarna het ek die uie op die rakkies van die droër gepak en gedroog. Dit het twee dae geneem in my droër met ’n hittebron.
Die 920g uie wat ek gedroog het weeg nou net 70g.
Ek hoop dat die inligting jou sal inspireer om jou eie uie te droog.
Onthou om altyd die gedroogde produkte lugdig te verseël met ’n suurstof ontnemer om dit vir ’n lang tydperk te stoor. Ek verkies om my produkte in glas te stoor en gebruik ’n glasbottel met ’n staaldeksel en ’n suurstof ontnemer wat ek dan op ’n donker, koel plek bêre.
Lekker droog!