Posted on Leave a comment

Die droog van tamaties: Bykomende inligting.

Dagsê Lesers,

Eergister het ek dit vir die eerste maal gewaag om self tamaties te droog.
Inligting wat nie bespreek is in die vorige artikel nie, (klik gerus hier vir die vorige artikel) is die tamatie se skil. Ek verwyder altyd eers die skil van die tamaties voordat ek ’n tamatie en uie sous maak omdat ek nie daarvan in die sous hou nie.

‘n Volgende probleem wat ek ondervind het is dat die tamatie skywe het op die droër se rakkie vasgesit. Daarom het ek besluit om die bykomende inligting artikel te plaas.

Om die tamatie se skille effektief en maklik te verwyder is baie eenvoudig.
Plaas al jou tamaties in ’n glas of metaal bak en gooi kookwater bo-op sodat al die tamaties bedek is.

Tamaties in kookwater Continue reading Die droog van tamaties: Bykomende inligting.

Posted on 2 Comments

Die droog van brood

Dagsê Lesers,

Omdat ek byna elke dag brood bak is daar gereeld stukkies brood wat oorbly en dit is gewoonlik te min om ’n ete van te maak. Dan is dit ook lekkerder om vars gebakte brood  te eet as ou  brood. Die meel wat ek gebruik is van koring wat nie geneties gemanipuleer is nie en daarom probeer ek om nooit daarmee te mors nie, so het ek toe besluit om broodkrummels te maak.

Die brood het ek gedroog in my 12V droër.

Brood in droer

Continue reading Die droog van brood

Posted on 1 Comment

Roosmaryn

Goeie dag Lesers.

Roosmaryn is sekerlik een van die mees gewildste kruie in die kombuis.  Die opsies is eindeloos vir hierdie veeldoelige plant.  Die blare kan vars of gedroog  by enige dis gevoeg word, van hoender tot skaap tot groente geregte.  Die takke waarvan die blare verwyder is, kan gebruik word in plaas van ’n sosatie stokkie om heerlike sosaties te maak vir die braai.   Of jy kan selfs die gedroogte takke tussen die kole gooi om al die gebraaide kos ’n unieke smaak te gee.

Roosmaryn Kleiner

Selfs al is roosmaryn so gesog in die kookkuns is een van grootste redes om ’n roosmaryn plant aan te skaf sekerlik vir sy medisinale gebruike;  Die Antieke Grieke en Romeine het geglo dat roosmaryn ’n heilige plant is.  Gedroogde roosmaryn blare en roosmaryn essensiële olies is in die vroeë Egiptiese grafkelders gevind.  Gedurende die groot plaag was roosmaryn gebruik as ’n ontsmettings middel. Continue reading Roosmaryn

Posted on 4 Comments

Wasgoedseep

Dagsê Lesers,

Onlangs het ek begin wonder oor hoe baie reinigingsmiddels mens self kan maak.
In ’n poging om meer onafhanklik en beter selfonderhoudend te raak het ek stadig aan begin oplees oor waspoeier en wasgoed versagmiddel.

Daar is faktore wat ’n rol speel in die bestanddele wat jy in jou waspoeier moet sit soos byvoorbeeld die hardheid van die water.
Ons het harde water en dit beteken dat daar baie kalsium en magnesium in die water teenwoordig is. Harde water maak seep minder effektief so as jy die water kan sagter maak gaan jou seep beter werk. As jy sagte water het dan het jy nie nodig om ’n ekstra bestanddeel in jou seep te sit nie en dit sal net so effektief wees!

Om die water te versag het jy sout nodig. Gewone growwe sout is piekfyn en moet asseblief nie die sout vervang met Epsom sout nie – dit is nie dieselfde ding nie inteendeel gaan dit die water nog harder maak want Epsom sout bevat baie magnesium en dit is juis deel van die probleem! Continue reading Wasgoedseep

Posted on Leave a comment

Die droog van tamaties

Dagsê Lesers,

Tamaties kan ook met sukses gedroog word.
Nou ja mens kan nou seker nie ’n slaai van die tamatie maak as dit eers gedroog is nie, maar mens kan as dit weer gehidreer is ’n tamatie en uiesous daarvan maak, of dit in ’n bredie sit of selfs in ’n sop gebruik.


Hier is die inligting wat ons leser, Fanie van Wyk aan ons gestuur het aangaande die droog van tamaties.

Hierdie tamaties was 3.5kg.

Tamatie 1

En lyk so na dit gedroog is.  Continue reading Die droog van tamaties

Posted on 4 Comments

Die droog van kosse

Dagsê Lesers,

Met die beurtkrag wat tans geïmplementeer word, het ons begin wonder oor alternatiewe metodes om kos te stoor.

Mens kan baie goed natuurlik verwerk en inlê, maar dit is nie die enigste oplossing nie!
Kos kan ook met baie groot sukses gedroog word. Daar is baie video’s op die internet oor hoe om voedsel suksesvol te droog en ons het bietjie ondersoek gaan instel.

Omdat ons self een maal gedroogde groente gekoop het en dit so te sê oneetbaar was, was ons baie skepties. Een van ons lesers het vir ons ’n houertjie gedroogde boontjies gegee en nadat ons dit geproe het, was ons verbaas. As mens nie weet dat die bone voorheen gedroog was nie – sou jy dit beslis nie kon proe nie, nie soos die rou gedroogte groente wat ons gekoop het wat vol preserveer middels was nie.

Die groot geheim om jou eie groente te droog kom in by die gaarmaakproses. Continue reading Die droog van kosse

Posted on Leave a comment

Harlekyn Patroon

Goeie dag lesers

’n Goeie vriendin van my het onlangs geboorte gegee aan die pragtigste dogtertjie.  En julle sal met my saamstem dat min geskenke is so kosbaar soos ’n handgemaakte baba kombersie.  En aangesien ek hekel-mal is, het ek begin soek vir ’n unieke patroon.  Ek het uiteindelik besluit op die harlekyn steek.  Dit is ’n maklike en vinnige patroon wat baie mooi uitdraai.

DSCN2127 (2)1

Continue reading Harlekyn Patroon

Posted on Leave a comment

Volgraan Droë Koeksisters

Dagsê Lesers,

Oor die algemeen eet ons nie koeksisters nie, omdat dit te soet en stroperig is na ons sin. Hierdie koeksisters is ’n treffer in ons huis omdat hulle nie so verskriklik stroop trek soos gewone koeksisters nie en daarom het ons dit  die naam droë koeksisters gegee.

Hierdie volgraan koeksisters mag dalk nie so aantreklik soos die gewone koeksisters lyk nie maar laat ek julle vertel hulle smaak heerlik!

Koeksister - volgraan

Hier is die resep: Continue reading Volgraan Droë Koeksisters