Goeie dag lesers
Vandag deel ek met jul ’n resep wat my baie gelukkig maak! Sowat ’n jaar gelede het ons ’n lappie grond van ons eie gekoop. Saam met dit kom toe ook ’n huis, wat glad nie sleg is nie, die heel grootste frustrasie wat ek wel met hierdie huis gehad het (tot en met vandag), was die teëls en meer spesifiek die voegbry oftewel “grout” tussen in.
Soos jul kan sien in die foto’s hieronder, dit is ’n nagmerrie om dit ligtelik te stel.

Nadat ons twee maande terug ingetrek het en uiteindelik klaar uitgepak het, het ek besluit tot hiertoe en nie verder nie! Navorsing het begin om die probleem so organies en goedkoop as moontlik op te los en daar was baie informasie beskikbaar.
Ek het toe eerstens begin met die volgende resep en metode:
Benodighede:
- Halwe koppie Koeksoda
- 20ml 12% sterkte Waterstofperoksied (“Hydrogen Peroxide”)
- ’n ou tandeborsel
- Plastiek Handskoene
Continue reading Voegbry Reiniger