Suurdeeg Beskuit

Beskuit
Bestanddele:

Stap 1 – Begin Deeg:
562.5 ml Water
2.5ml Droë kitsgis
1125 ml Koekmeel

Stap 2:
2000 ml Koekmeel
250g Botter
100ml Melk
180ml Water
5ml Seesout
250 ml Suiker

Metode:

Stap 1 – Begin deeg.

Meng die 562.5 ml water en 2.5ml gis, voeg die 1125ml koekmeel by en laat staan vir +- 10 ure.

Stap 2:

Skep die begin deeg in ‘n groot bak, waarin jy die deeg gaan laat rys.
Smelt die botter in pot op die stoof, verwyder van hitte en voeg melk en water by. Voeg by die begin deeg, druk stukkend met ‘n lepel sodat die stukke deeg in die botter, melk en water mengsel “dryf”.
Meng eenkant in ‘n bak: die koekmeel, suiker en sout. Voeg nou by die botter mengsel, meng goed.
Knie tot deeg gevorm het. Laat oornag staan op ‘n warm plek.

Knie die deeg af, verdeel in bolletjies en sit in voorbereide oond panne. Laat rys
tot dubbel die oorspronklike grootte, bak by 180°C vir 30 – 45 minute. Neem ’n toets pen en druk in beskuit in die middel van die pan. As toetspen skoon uitkom is die beskuit gaar. (As jy nie ’n toetspen het nie kan jy ook ’n gewone mes gebruik)

Laat heeltemal afkoel (BAIE BELANGRIK), breek in stukke en droog in oond by so 90°C

Klik hier om die dagbeplanner vriendelike weergawe af te laai

Leave a Reply