Dagsê Lesers,
Tamaties kan ook met sukses gedroog word.
Nou ja mens kan nou seker nie ’n slaai van die tamatie maak as dit eers gedroog is nie, maar mens kan as dit weer gehidreer is ’n tamatie en uiesous daarvan maak, of dit in ’n bredie sit of selfs in ’n sop gebruik.
Hier is die inligting wat ons leser, Fanie van Wyk aan ons gestuur het aangaande die droog van tamaties.
Hierdie tamaties was 3.5kg.
En lyk so na dit gedroog is.
Die 3.5kg tamaties gedroog weeg nou net 200g.
5 tamaties weeg 500g, dus was daar sowat 35 tamaties in die droër.
Nou kan die droë tamaties vir lank gebêre word.
Die tamaties kan in ’n papiersak geberg word indien dit nie vir ’n lang tydperk gaan wees nie.
Die ander alternatief is om dit in ’n lugdigte houer te berg met ’n suurstof ontnemer.
(Lees gerus ook die artikel oor die droog van kosse wat meer vertel van hoe om jou eie suurstof ontnemer te maak)
Laat weet ons gerus as jy self tamaties gedroog het en hoe jy dit gedoen het. Enige relevante inligting is baie welkom.
Ons hoor graag van julle!