Dagsê Lesers,
Dit is reeds Desember! Ek kan nie glo die jaar het so verby gevlieg nie!
Hier volg nog n lysie van tuintake wat hierdie maand gedoen kan word.

In die groente en kruie tuin: Continue reading Tuintake vir Desember
Dagsê Lesers,
Dit is reeds Desember! Ek kan nie glo die jaar het so verby gevlieg nie!
Hier volg nog n lysie van tuintake wat hierdie maand gedoen kan word.

In die groente en kruie tuin: Continue reading Tuintake vir Desember
Dagsê Lesers,
Ek het ook vir die eerste keer uie gedroog!
Om die uie te droog het ek die uie geskil en opgekap in stukkies.
Daarna het ek dit in ’n pot gesit, sout en water bygevoeg (dit is belangrik om sout by te sit want dit help met preservering) en gekook totdat dit gaar en deursigtig was.
Dagsê Lesers,
Dit is weer hierdie tyd van die jaar, wat die vrugtebome vol vrugte is en die groente in die groente tuin so groei dat jy dit amper kan hoor! Wat ‘n fantastiese tyd is dit nie?
Hier is ‘n handige lysie van tuintake vir November om die hande mee besig te hou.
In die groente en kruie tuin:
Plant:
Aartappels, artisjokke, aspersies, basielkruid, beet, blaarslaai, blomkool, brokkoli, Continue reading Tuin take vir November
Dagsê Lesers,
Een van ons lesers het gevra of ons enige inligting het oor die droog van patats. Ek het daar en dan begin met die voorbereiding om patats te droog.
Omdat patats so maklik verkleur het ek heel eerste ’n bak met ’n volume van 1.5l geneem en vol water gemaak en 15ml suurlemoensap daarin gegooi. Daarna het ek die patats goed skoon gewas onder lopende water en begin om dit te skil. Met patats moet mens die heeltyd in suurlemoen water werk, met ander woorde jy moet byna elke keer wanneer jy aan hom skil of sny, die patat in die suurlemoensap water doop. Ek het met elke 5de haal van die groente skiller, die patat in die suurlemoen water gedoop, totdat die hele patat klaar afgeskil is.
In stede daarvan om die patat op ’n snybord te plaas en in skywe te sny, het ek dit so stuk vir stuk uit die suurlemoen water uitgehaal opgesny weer teruggeplaas in die suurlemoen water. Continue reading Die droog van patats
Dagsê Lesers,
Ek het hierdie oulike gehekelde hartjie glasmatjies op die internet raak geloop en het besluit om dit met julle te deel.
Dit is ‘n baie eenvoudige patroon wat bestaan uit glipsteek, kettingsteke, kortbene en langbene.
Ek het Elle se “Premier natural cotton – 4ply” gebruik met ‘n 3mm hekel pen. Ek het uit een 50g bol van die genoemde hekel gare, sewe glasmatjies gehekel.
Dagsê Lesers,
Hierdie tyd van die jaar wanneer alles begin groei en groen word, jeuk ‘n mens se vingers darem om tuin te maak!
Hier volg ‘n handige lysie van take wat in die tuin verrig kan word in September.
Dagsê Lesers,
Ek het nou ook vir die eerste keer groenbone gedroog!
Dit was baie maklik en die voordeel daarvan is dat dit nou min spasie opneem en lank gestoor kan word.
Om die bone te droog het ek die bone eers goed afgewas en dit voorberei soos wat ek dit normaalweg sou doen.
Dagsê Lesers,
Eergister het ek dit vir die eerste maal gewaag om self tamaties te droog.
Inligting wat nie bespreek is in die vorige artikel nie, (klik gerus hier vir die vorige artikel) is die tamatie se skil. Ek verwyder altyd eers die skil van die tamaties voordat ek ’n tamatie en uie sous maak omdat ek nie daarvan in die sous hou nie.
‘n Volgende probleem wat ek ondervind het is dat die tamatie skywe het op die droër se rakkie vasgesit. Daarom het ek besluit om die bykomende inligting artikel te plaas.
Om die tamatie se skille effektief en maklik te verwyder is baie eenvoudig.
Plaas al jou tamaties in ’n glas of metaal bak en gooi kookwater bo-op sodat al die tamaties bedek is.
Continue reading Die droog van tamaties: Bykomende inligting.
Dagsê Lesers,
Omdat ek byna elke dag brood bak is daar gereeld stukkies brood wat oorbly en dit is gewoonlik te min om ’n ete van te maak. Dan is dit ook lekkerder om vars gebakte brood te eet as ou brood. Die meel wat ek gebruik is van koring wat nie geneties gemanipuleer is nie en daarom probeer ek om nooit daarmee te mors nie, so het ek toe besluit om broodkrummels te maak.
Die brood het ek gedroog in my 12V droër.
Dagsê Lesers,
Onlangs het ek begin wonder oor hoe baie reinigingsmiddels mens self kan maak.
In ’n poging om meer onafhanklik en beter selfonderhoudend te raak het ek stadig aan begin oplees oor waspoeier en wasgoed versagmiddel.
Daar is faktore wat ’n rol speel in die bestanddele wat jy in jou waspoeier moet sit soos byvoorbeeld die hardheid van die water.
Ons het harde water en dit beteken dat daar baie kalsium en magnesium in die water teenwoordig is. Harde water maak seep minder effektief so as jy die water kan sagter maak gaan jou seep beter werk. As jy sagte water het dan het jy nie nodig om ’n ekstra bestanddeel in jou seep te sit nie en dit sal net so effektief wees!
Om die water te versag het jy sout nodig. Gewone growwe sout is piekfyn en moet asseblief nie die sout vervang met Epsom sout nie – dit is nie dieselfde ding nie inteendeel gaan dit die water nog harder maak want Epsom sout bevat baie magnesium en dit is juis deel van die probleem! Continue reading Wasgoedseep