Posted on Leave a comment

Beetslaai

Dagsê Lesers!

Die laaste keer toe ek hierdie Beetslaai gemaak het, was ons op pad om te toer deur ’n gedeelte van Natal al agter geskiedkundige plekke aan, in die Boervolk se geskiedenis. Onder andere na die Monument ter herrinering van die Groot Moord van Bloukrans en Weenen) (Klik gerus hier om die artikel te lees)

Ons het die beet so in bottels ingepak en dit was altyd ’n lekker slaai wat ons net vinnig kon oopmaak en geniet. Dit is heerlik saam met vis, vleis en paste disse.

Hier is die resep:

Beetslaai
Beetslaai

Bestanddele:

1 ½ liter gaar beet, gerasper Continue reading Beetslaai

Posted on Leave a comment

Inmaak Proses nommer 1

Dagsê Lesers!

Hierdie is die manier waarop ek al my produkte inlê, maar wil net ook in dieselfde asem sê dat my metode is nie wet en orde nie! Dit  word slegs geplaas as riglyn. Indien jy ’n ander metode gebruik, voel asseblief vry om vir ons te laat weet en ons kan dan moontlik jou metode ook publiseer vir ander lesers, sodat elke leser kan kies watter metode vir haar of hom die beste werk!

Inmaak gereedskap

Items wat ek gebruik om produkte mee in te lê:

Tang – om warm bottels uit oond te haal. Continue reading Inmaak Proses nommer 1

Posted on Leave a comment

Dagbeplanner 2015

In vandag se besige lewe, voel ons almal met tye of ons nie weet waar om te vat en waar om te los nie!  En indien jy nie ’n aksieplan/plan van optrede het nie, kan hierdie tye al hoe meer gereeld wees of dit kan die hele tyd so voel!  Deur elke dag ’n tien minute, aan die beplanning van jou dag te spandeer, kan jy hierdie moedelose/frustrerende gevoel stadig maar seker uitskakel.  Selfs al voel jy dalk op hierdie stadium jy het nie elke dag tien minute om ’n boekie in te vul nie, is dit noodsaaklik dat jy dit doen.  Hoe veel minute bestee jy gedurende dag om jouself af te vra:  “Wat is volgende?”,  vir meeste van ons is dit BAIE meer as net tien minute in totaal.

Ons het dus ’n dagbeplanner ontwerp en gemaak in ’n poging om elke Boervrou se lewe meer gebalanseerd en vervuld te maak!

Dagbeplanner 2015Dagbeplanner Maart 2015Dagbeplanner April 2015

Dit is gratis en jy kan dit self aflaai van die webwerf (sien onder) en druk vir gebruik. Continue reading Dagbeplanner 2015

Posted on 2 Comments

Salie

Dagsê Lesers!

Hier is nog ’n krui wat van groot waarde is en ook ’n MOET vir enige Boervrou se tuin.

Salie is ’n maklike groeier en het nie vreeslik baie aandag nodig nie.
Salie is ’n meerjarige plant met ’n gemiddelde leeftyd van vier jaar.
Die plant se hoogte wissel tussen 35 en 60cm. Omdat Salie se takke verhout word dit as ’n halfstruik beskou.
Salie lok ook bye en vlinders na die tuin.

Salie

Continue reading Salie

Posted on Leave a comment

Stories van die Lesers

Ons wil graag ons lesers uitnooi om hulle eie stories, wenke en resepte met ons almal te deel.

Stuur dit gerus na info@boervrou.co.za om dit te laat publiseer op die webblad.

Teken ook gerus in op die nuusbrief om dit gereeld te ontvang.

Ons het voorsiening gemaak vir al die lesers wat ‘Pinterest’ gebruik en het die knoppie op die blad geïnstalleer vir maklike gebruik daarvan.

Indien U enige probleme ondervind met enige van die funksies op die blad stuur asseblief vir ons epos om ons van die probleme bewus te maak sodat ons dit kan oplos.

Deel ook asseblief die blad met vriende en vriendinne.
Ons sien uit daarna om van julle te hoor!

Groetnis,

Leanie & Mariette.

Posted on Leave a comment

Kruisement

Dagsê lesers.

Die inligting wat ek vandag met u wil deel, gaan oor Kruisement.  Hierdie is ‘n krui wat elke Boervrou in haar tuin MOET hê.

Ek kan persoonlik getuig van die positiewe uitwerking wat Kruisement op die spysvertering stelsel het.  My kruisement plant word behoorlik vertroetel en opgepas.  Daar is voortdurend kruisement blare in die voedseldroër vir my daaglikse koppie (soms koppies) kruisement tee.
Kruisement

Continue reading Kruisement

Posted on 3 Comments

Vinnige Kaas Skons

Hierdie skons is regtig ’n vinnige staatmaker, mens kan dit sommer gou voor werk in die oggend maak en dan het mens heerlik ontbyt of vars skons vir ete by die werk. As mens onverwagte gaste kry en gou iets lig wil voorsit saam met koffie of tee, dan is die net die resep daarvoor.

Die resep het ek by Tannie Huibrecht Eksteen gekry, sy het dit so gegee: “Die resep vat ’n koppie meel, koppie melk, een eier en so bietjie olie, sout en bakpoeier en so handjie kaas.”

Dit is mos hoe ons Oumas kos maak, so bietjie van die en so bietjie van dat. Wel, dit is hoe ek altyd gedink het en op die ou end maak mens mos self so, dan vra iemand jou die resep en dan begin mens ook wonder hoeveel het ek nou eintlik ingesit!

Ek probeer maar as ek iets nuut maak, klaar die hoeveelhede neerskryf van wat ek insit sodat mens kan weet na watter mate om die resep aan te pas as mens dit graag weer wil maak. Hoeveel keer maak mens nie iets en kry dit net nooit weer so gemaak nie, want die belangrikste bestanddeel het vergete agtergebly?

Hier is die resep:

Vinnige Kaas Skons Continue reading Vinnige Kaas Skons