In vandag se besige lewe, voel ons almal met tye of ons nie weet waar om te vat en waar om te los nie! En indien jy nie ’n aksieplan/plan van optrede het nie, kan hierdie tye al hoe meer gereeld wees of dit kan die hele tyd so voel! Deur elke dag ’n tien minute, aan die beplanning van jou dag te spandeer, kan jy hierdie moedelose/frustrerende gevoel stadig maar seker uitskakel. Selfs al voel jy dalk op hierdie stadium jy het nie elke dag tien minute om ’n boekie in te vul nie, is dit noodsaaklik dat jy dit doen. Hoe veel minute bestee jy gedurende dag om jouself af te vra: “Wat is volgende?”, vir meeste van ons is dit BAIE meer as net tien minute in totaal.
Ons het dus ’n dagbeplanner ontwerp en gemaak in ’n poging om elke Boervrou se lewe meer gebalanseerd en vervuld te maak!
Dit is gratis en jy kan dit self aflaai van die webwerf (sien onder) en druk vir gebruik.
Die dagbeplanner is in .pdf formaat en dit word op A5 papier gedruk. Dit is so ontwerp om in ’n A5 leër te pas en dit kan ook gebind word in ’n boekie, net soos jy verkies. Die leër het ook sy voordele soos dat jy kan bladsye invoeg en uithaal soos die jaar vorder, waar as jy ’n boekie gebind het, dit nie so maklik is om weer bladsye by te voeg nie.
Dit bestaan uit 2 x A5 bladsye per dag maar indien jy verkies om net een bladsy per dag te druk kan jy met bietjie ekstra moeite net druk wat jy graag in jou dagbeplanner wil sit. Al wat nodig is, is om die eerste 3 bladsye van elke maand te druk en daarna net die “ewe” nommer bladsye (4,6,8,10,ens.) dan is daar net 1 x A5 bladsy per dag maar ons verkies om alles te druk aangesien mens altyd notas moet maak gedurende die dag en dan is die ander bladsy broodnodig. Onthou om die bladsye op beide kante te druk en let op die manier wat dit gedruk word sodat jy 2 bladsye van elke dag langs mekaar is wanneer die dagbeplanner oopgemaak word:
Daar is ook ’n leë inkopie lys, ’n telefoonnommer & e-posadres lys sowel as ’n dokument om op notas te maak wat jy kan druk en in die leër in sit. Al die resepte op die Boervrou web blad sal ook in ’n .pdf formaat opgelaai word, wat in die dagbeplanner ingevoeg kan word indien jy so verkies.
Klik hier om die Dagbeplanner vir 2015 af te laai. (8MB)
Klik hier vir die Hulp dokument met die druk van die dagbeplanner. Kyk maar gerus hierna sodat jy nie onnodige papier en ink mors nie.
Stuur gerus vir ons foto’s in van hoe jou dagbeplanner lyk, hoe jy dit gebind het en hoe jy dit versier het! Ons sien uit daarna!