Posted on Leave a comment

Wie is ons?

Ons is bekommerde vroue van die Boervolk wat probeer om ’n verskil te maak. Nou sal u dink: Bekommerd? Waaroor? Ons is bekommerd omdat ons sien dat ons Volk se mense het geen passie meer vir Volksake of selfs die alledaagse bestaan nie.

Die blad wil ons ook graag opdra aan die Boervroue van ons Volk wat ’n aandeel gehad het in die ontwikkeling van die land.

  • Dit was die Boervrou wat haar man aangepor het en moed ingepraat het op die Trekpad tydens die Groot Trek.
  • Dit was die Boervrou wat na die moord by Bloukrans rivier in 1838 aan haar man gesê het: “Ons gaan nie terug Kaap toe nie, ons loop eerder kaalvoet oor die berge as om terug te gaan. Ons bly.”
  • Dit was die Boervrou wat met die Anglo-Boere Oorlog (voor die verskroeide aarde beleid) vir die mans kos verbou het wat op kommando was en as die mans tussen slagvelde huis toe gekom het vir voorrade was dit die Boervrou wat gesê het: ‘Jy was nou lank genoeg hier, vat jou voorraad en gaan veg vir ons Vryheid.’
  • Dit was die Boervrou wat gesê het: ‘Ja, vat die seuns (al was van hulle net 8 jaar oud) en laat hulle saam veg.’
  • Dit was die Boervrou wat na die oorlog by haar afgebrande huis gekom het, na die skuur gegaan het en op haar knieë gaan staan het en die koring korrels tussen die vloerplanke uitgekrap het en gaan plant het om weer kos vir haar gesin te voorsien.

Continue reading Wie is ons?

Posted on 2 Comments

Wie is Mariette?

MarietteP
My naam is Mariette Potgieter (gebore Grobler) gebore op 13 Maart 1987 in Senekal in die Vrystaat.
Al het ek net die eerste 3 jaar van my lewe in die Vrystaat gebly voor my ouers Transvaal toe getrek het bly ek ‘n Vrystater in murg en been. Daar is geen plek in hierdie land waar ek meer tuis voel as in die Republiek van die Oranje Vrystaat nie.

Ek het grootgeword in die Transvaal en woon steeds hier naby Krugersdorp op ’n plaas saam my man, Anton Potgieter en ons vyf diere kinders, twee honde, Trixie en Breker en die drie katte, Bienkie, Gemmer en Strepies. Continue reading Wie is Mariette?