Posted on — Leave a comment

Appelkoos konfyt

Dagsê lesers,

Hierdie jaar was ons baie gelukkig en het ons appelkose van ons appelkoos bome af gekry. Die eerste oes in 5 jaar!

Ons het dadelik aan die werk gespring en heerlike appelkoos konfyt gekook.

Die lekker tuisgemaakte appelkooskonfyt is nou beskikbaar in ons winkel.

Bestel joune nou om teleurstelling te voorkom, voorraad is beperk.

Groete!

Posted on — 2 Comments

Hoe hou jy van jou koekies?

Dagsê Lesers,

Ons het onlangs begin om koekies te bak en vra altyd vir ons kliënte hul terugvoering.

Ons verwelkom alle terugvoer positief sowel as negatief sodat ons kan saam werk en oplossings kan vind vir probleme en ons produkte kan verbeter!

Vanoggend het ons terugvoering gekry dat die koekies te sag is.

Ons ongevulde koekies is hard en krakerig maar sodra dit saam met die gevulde koekies verpak word trek dit die vogtigheid in die blik en word almal ewe sag!

Ons het dadelik aandag aan die probleem gegee en is nou besig om te toets hoe ons dit kan hard hou. Ons het die gevulde koekies apart geseël en sal in ‘n dag of twee die blik oopmaak en sien of dit die probleem oplos.

Baie dankie aan elke kliënt wat terugvoering gee sodat ons, ons produkte kan verbeter en die beste moontlike produk te kan lewer.

‘ n Algemene wenk om harde koekies te laat sag word is om ‘n snytjie brood in die koekie blik te sit.

Hoe hou jy van jou koekies hard en krakerig of sag?

Laat weet ons gerus hoe jy jou koekies verkies!

Posted on — Leave a comment

Hekelpen Sakkie – Patroon

Dagsê Lesers,

Vandag deel ek graag met julle ‘n gratis hekelpatroon om ‘n sakkie te hekel vir jou hekelpenne.

Die hekelpen sakkie patroon is ontwerp deur Dedri van www.lookatwhatimade.net

Ek het ‘n foto van die hekelpen sakkie op facebook raakgeloop en die patroon gaan soek.
Ek het al voorheen ‘n hekel pen sakkie gehekel maar die penne waarvoor ek dit gehekel het is vir my moeilik om mee te werk, dit verdeel die gare of wol drade die hele tyd en voor ek my kom kry los ek die hele projek.

Continue reading Hekelpen Sakkie – Patroon
Posted on — Leave a comment

Oneindigende Katoen Serp

Dagsê Lesers,

Ons is baie opgewonde om die nuutste toevoeging tot die aanlyn winkel met julle te deel.

Hierdie Oneindigende Serp is van katoen gare gehekel wat van Turkye af kom. Ek het dit heel toevallig in ‘n winkel raakgeloop. Dit is so sag en snoesig ek kon net eenvoudig nie daarby verby loop nie!

Gaan loer gerus in ons aanlyn winkel daarna deur op die skakel te klik: Oneindigende Serp

Hierdie serp is dadelik beskikbaar. Kontak ons gerus indien jy graag  so ‘n serp wil bestel in ander kleure.

Groete,