Posted on Leave a comment

Baba Kombersie

Dagsê Lesers,

Ek deel graag met julle die nuutste toevoeging tot ons aanlyn winkel.

Twee pragtige baba kombersies gemaak deur Leanie Naude.

Hierdie twee kombersies is in voorraad op die oomblik en sal ‘n fantastiese geskenk wees.

Camel, Rust & Porcelain
Duck Egg, Snomoon & White

Klik gerus op die onderste skakel om daarna te kyk in die aanlyn winkel.

Baba Kombers / Baby Blanket

Snoesige groete!

 

Posted on Leave a comment

Nuwe produkte

Dagsê Lesers,

Ek deel graag met julle die nuutste produkte in ons aanlyn winkel.

Let daarop dat hierdie produkte slegs self opgelaai kan word in Tarlton, Gauteng.

Die brode word met NON-GMO koringmeel gebak. Die koringmeel bevat geen preserveer middels nie en word ook nie gebleik nie.

Brood / Bread

Dan stel ons ook ons drie nuwe ingemaakte produkte bekend: Continue reading Nuwe produkte

Posted on Leave a comment

Hekel klas – Hoek tot hoek (C2C) geruite kombers

Dagsê Lesers,

Ons bied ’n hekel klas aan by Gedeelte 13, Delarey,
Tarlton, Gauteng op die 11de Augustus 2018 van 9:00 tot 13:00.

In hierdie klas gaan jy leer hoe om die hoek tot hoek blokkies (C2C)
aanmekaar te hekel deur die vaswerk soos jy vorder metode te gebruik
en hoe om ’n mooi randjie om jou kombers te hekel. Die kombers is
70 x 70 cm groot.

Die klas koste beloop R250 en al die wol is daarby
ingesluit om die kombers te maak asook ’n ligte ete. Continue reading Hekel klas – Hoek tot hoek (C2C) geruite kombers

Posted on Leave a comment

Tuin take vir Junie

Dagsê Lesers,

Hier volg weer ’n nuttige lysie van tuin take vir Junie.

In die groente en kruie tuin:

Plant:
Ertjies & radyse.

In die blomtuin:

Plant:
Heuningblomme.

Ander tuin take:

Voed suurlemoenbome.
Plant nuwe wingerdstokke.
Behandel houtbanke en dekke deur dit af te skuur en met ’n bewaarmiddel te verseël.
Maak tuingereedskap skoon en herstel dit.
Nou is ook die perfekte tyd om potte wat se verf lelik is, af te skuur en oor te verf.

Posted on Leave a comment

Dinge gedoen in Mei

Dagsê Lesers,

Mei maand het omtrent verbygevlieg! Ek kan byna nie glo dat die eerste week van Junie ook reeds verby is nie.

Ek het gedink ek deel sommer net met julle al die dinge wat ek gedoen het in Mei maand sowel as die items wat ek gemaak het.

Ek het ’n hele klomp smeerwortel plante verdeel en weer in plant sakkies geplant. Ek sal hulle wel in die lente uitplant as ek uiteindelik besluit het waar ek dit wil vestig. Die rede dat ek dit nou in plant sakkies geplant het, is omdat dit heeltemal doodryp bo die grond in die winter hier waar ons bly en nou kan ek dit beskerm vir die winter en as dit aanhou groei kan ek die blare solank begin oes en droog  – die idee is om te begin om ons eie hoender voer te meng (ek het nog nie ’n resep nie en doen nog eers navorsing ) Continue reading Dinge gedoen in Mei

Posted on Leave a comment

Hekel klas vir beginners – 9 Junie 2018

Wil jy leer hekel?
Ons bied ’n beginners klas aan by Gedeelte 13, Delarey,
Tarlton, Gauteng op die 9de Junie 2018 van 9:00 tot 13:00.

In die klas sal jy ’n pragtige katoen doilie hekel. Jy sal leer hoe om ’n geskrewe
patroon te volg en jy sal ook leer hoe om die krale in jou doilie in te hekel.

Die klas koste beloop R200 en die katoen gare en krale is daarby Continue reading Hekel klas vir beginners – 9 Junie 2018

Posted on Leave a comment

Hekel klas vir kinders – 2 Junie 2018

Dagsê Lesers,

Ek is baie opgewonde om die volgende hekel klas se datum bekend te maak!

Ons bied ’n hekel klas aan by Gedeelte 13, Delarey,
Tarlton, Gauteng op die 2de Junie 2018 van 9:00 tot 13:00.

In hierdie klas gaan hulle leer hoe om ’n ouma blok te hekel waarmee hulle ’n serp kan maak.
Hulle sal ook leer hoe om kleure te verander en los drade netjies weg te werk. Continue reading Hekel klas vir kinders – 2 Junie 2018

Posted on Leave a comment

Hekel klasse van 12 en 19 Mei 2018

Dagsê Lesers,

Hier was dit vreeslik besig die drie laaste weke.
Ons het mos begin om hekel klasse aan te bied vir beginners.

Dit was baie pret, vir die van julle wat ons volg op Facebook en Instagram, julle het seker die foto’s reeds gesien.
Vir die van julle wat dit nog nie gesien het nie hier is ’n paar foto’s van die klasse en items wat gemaak is:

Een van die dames het besluit om ’n tweede rand om haar Continue reading Hekel klasse van 12 en 19 Mei 2018