Posted on Leave a comment

Tuin take vir November

Dagsê Lesers,

Ek kan byna nie glo dat dit alweer November maand is nie.

Hemerocallis (Daglelie)

Hier is ‘n handige lysie van tuintake vir November om die hande mee besig te hou.

In die groente en kruie tuin:

Plant: Aartappels, artisjokke, aspersies, basielkruid, beet, blaarslaai, blomkool,  brokkoli,dill, eiervrugte, kamille, kattekruid, komkommers, komkommerkruid, koljander,  kool, kruisement, laventel, marjolein, mielies, orego, pampoen, patat, pietersielie, radyse, rape, rissies, roosmaryn, salie, soetrissies, spanspek, spinasie, skorsies,  stam- en rankbone, stevia, tamaties, tiemie, vinkel, waatlemoen & wortels.

In die blomtuin:

Plant: Amaryllis, begonias, dahlias, jakobregoppe, impatiëns, kappertjies, lobelias & petunias.

Ander tuin take:

Snoei rank rose & jasmyn.

Voed bessies.

Snoei poinsettias terug.

Snoei hibiskusse om hulle aan te moedig om in die laat somer en herfs weer te blom.

Bind nuwe klim rooslote aan hul stutte.

Haal uitgeblomde lente bolle uit en bêre dit.

Knip nuwe groei by struike en meerjariges af, om hulle bosagtiger te maak.

Maak plante gereeld nat.

Geniet die tuinwerk

Leave a Reply