Dagsê Lesers,
Hier volg weer ’n nuttige lysie van tuin take vir Oktober.
In die groente en kruie tuin:
Plant:
Aartappels, artisjokke, aspersies, basielkruid,
beet, blaarslaai, dill, echinacea, eiervrugte, kattekruid, koljander, komkommers, komkommerkruid, kool, kruisement, marjolein, mielies, orego, pampoen, patat, pietersielie, radyse, rissies, roket, salie, seldery, soetrissies, spanspek, spinasie, skorsies, stam- en rankbone, stevia, tamaties, tiemie, vinkel, waatlemoen & wortels.
In die blomtuin:
Plant:
Asters, celosias, jakobregoppe, kappertjies, petunias, salies & sonneblomme.
Ander tuin take:
Plant somerblommende meerjariges soos agapante, daglelies, kannas & papierblomme.
Plant immergroen heinings en hou dit nat. Dit is beter om weekliks te deurweek as om gereeld net oppervlakkig nat te maak.
Knip dooie blomme en groeipunte van asaleas af.
Gaan rose na vir luise, swartvlek en meeldou. Behandel dadelik.
Lekker tuinmaak!