
Dagsê Lesers,
Ek is heel opgewonde om die nuutste toevoeging tot ons aanlyn winkel met julle te deel.
Hierdie baba trui is heel uniek met sy pragtige strepies en ouma blok motiewe. Dit pas ook perfek by die baba sokkie stelle wat alreeds in die aanlyn winkel beskikbaar is.
http://boervrou.co.za/product/baba-truitjie-groen-en-room-baby-jersey-green-and-cream/
Die baba trui pas vir ‘n pasgebore baba en is baie maklik om te versorg. Dit is masjien wasbaar op die wol of delikate siklus van jou wasmasjien, maar moet nie die trui tuimel droog nie.
Die baba trui kan saam met die baba sokkie stel ‘n baie oulike geskenk maak.
http://boervrou.co.za/product/baba-sokkie-stel-groen-en-room-baby-bootees-set-green-and-cream-copy/
Besoek gerus die aanlyn winkel om die appelkoos en room baba trui te sien.
Groete,