Posted on Leave a comment

Tuin take vir April

Hier volg weer ’n nuttige lysie van tuin take vir April.

In die groente en kruie tuin:

Plant:

Beet, blaarslaai, blomkool, brokkoli, dill, ertjies, kool, koring, knoffel, preie, radyse, rape, roket, seldery, spinasie & uie.

In die blomtuin:

Plant:

Affodille, anemone, gazanias, gesiggies, gousblomme, narsings, ranonkels, tjienkerientjees & wilde leeubekkies.

Ander tuin take:

Knip vorm plante reg.
Moet nie afgevalde blare mors nie, strooi dit as deklaag op blom en groente beddings.
Maak ook nuut geplante bolle elke vierde dag diep nat sodat dit nie uitdroog nie.

Lekker tuinmaak!

Leave a Reply