Dagsê Lesers,
Vandag deel ek graag my piesangbrood resep met julle! Die geur van die broodjie sal verbeter as dit in ’n lugdigte houer gebêre word vir so paar twee dae. (As jy so lank kan wag!)
Bestanddele:
1/2 koppie Botter
1 koppie Suiker
2 Eiers
2 koppies Koekmeel
2 teelepels Bakpoeier
4 Piesangs
1 teelepel Vanielje geursel
1/2 teelepels Sout
Metode:
- Klits die botter en suiker saam tot dit romerig is.
- Voeg die vanieljegeursel by.
- Voeg die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging.
- Sif die droë bestanddele saam en voeg dit by.
- Druk die piesangs goed fyn en voeg dit laaste by.
- Meng alles goed saam en skep dit in ’n voorbereide broodpan.
- Bak dit een uur lank op 180°C
Geniet!