Dagsê Lesers,
Hier is weer ‘n handige lysie vir take in die tuin vir September.

In die groentetuin:
Plant:
Aartappels, artisjokke, aspersies, basielkruid, beet, blaarslaai, blomkool, brokkoli, dill, echinacea, eiervrugte, ertjies, kattekruid, koljander, komkommers, komkommerkruid, kool, marjolein, mielies, orego, pampoen, patat, radyse, rissies, roket, salie, seldery, soetrissies, spanspek, spinasie, skorsies, stam- en rankbone, stevia, tamaties, vinkel, waatlemoen & wortels.
In die blomtuin:
Plant:
Asters, celosias, dahlias, gazanias, josefskleed, kappertjies, petunias & salies.
Ander tuintake:
- Spuit vrugtebome vir vrugtevlieg sodra ongeveer 80% van die bloeisels afgeval het.
- Dun vrugte uit wat te dig opmekaar sit.
- Maak tuin goed skoon en gee alle beddings ’n vars laag kompos.
- Haal digte meerjarige blomme en siergrasse uit en verdeel hulle.
- Gaan stutte van hoogblommende plante (soos ridderspore ) na.
- Verwyder voortdurend dooie blomme van lenteblommende plante.
- Verdeel ook winterblommende vetplante, grondbedekkers en aalwyne.
- Let op vir termiete in die tuin en bestry dit.
- Gee potplante gereeld water.
- Spuit rose ook voorkomend vir swartvlek en meeldou
- Indien jy nog nie rose na hulle snoei gevoed het met kunsmis nie, doen dit nou.
- Snoei heinings en vormplante.
- Snoei ook ryp beskadigde plante maar net sodra die kans van laatryp reeds verby is.
Lekker tuinmaak!
