Posted on Leave a comment

Brosbrood Koekies

Dagse Lesers,

Hierdie brosbrood koekie resep is ook nou vertaal in Engels! Ons het besluit om die webwerf te vertaal in Engels vir ons Engels sprekende lesers. Klik gerus op die  “ Afrikaans” of “Engels” opsie bo aan die regterkant van die skerm om die webwerf vir jou taal voorkeur te stel.

Brosbrood Koekies

Bestanddele:

250ml Botter
100g Strooisuiker
240g Koekmeel
60g Mielieblom
1ml Sout

Metode:

Room botter en suiker.
Voeg res van bestanddele by en meng goed.
Smeer ’n oondvaste bakplaat. Rol die deeg in balletjies, pak uitmekaar en druk effens plat met ’n vurk wat in water gedoop is (dit verhoed dat die deeg aan die vurk vasklou) en bak vir ±10 min by 180°C
Haal versigtig van bakplaat af en laat op ’n draadrakkie afkoel. Lewer ongeveer 40 koekies.

Geniet!

Leave a Reply