Posted on Leave a comment

Valentynsdag geskenke

Dagsê Lesers!

Valentynsdag is om die draai!

Valentynsdag het my geinspireer om ‘n paar items te maak wat as fantastiese Valentynsdag geskenke kan dien.

Eerstens het ek hierdie Hartjie versiersel gemaak in vier kleure: pienk, pers, blou en natuurlik rooi!

Dit kan gebruik word om baie dinge te versier, van ‘n geskenk pakkie tot ‘n deurknop.

Klik gerus hier om na die Hartjie versiersels te kyk in die winkel.

 

Dan het ons ook hierdie oulike Hartjie sleutelhouer.

Die Hartjie sleutelhouer is gehekel van katoen gare en opgestop met ‘n wasbare stopsel sodat die sleutelhouer ook gewas kan word.

Dit is ook in 4 kleur kombinasies beskikbaar: Rooi en Ligbruin, Rooi en Blou, Pienk en Turkoois en ook Pers en Ligbruin.

Klik gerus hier om na die Hartjie Sleutelhouers te kyk in die winkel.

Hierdie items kan baie oulike Valentynsdag geskenke wees vir jou geliefde.

Ek hoop dat julle net so baie van hierdie nuwe produkte hou!

Groete,


Leave a Reply