
Hier is die resep:
200g Brokkoli, baie fyn gekap
200g Blomkool, baie fyn gekap
2 Eiers
100ml Koekmeel
250ml Kaas, gerasper
5ml blatjang (van jou keuse)
Sout en Peper na smaak
Kook die brokkoli en blomkool vir 10 minute in water. Dreineer en laat effens afkoel.
Meng die gaar brokkoli en blomkool in ‘n groot bak. Voeg nou die kaas, sout, peper en blatjang by.
Roer deur. Voeg nou die meel by en meng baie goed. Sit nou die eier by en roer deur.
Skep lepels vol in ‘n pan met warm vet of olie en bak tot albei kante goudbruin is.
Sit warm voor.