Dagsê Lesers,
Hier volg weer ’n nuttige lysie van tuin take vir Augustus.
In die groente en kruie tuin:
Plant:
Aartappels, aspersies, basielkruid, beet, blaarslaai, blomkool, brokkoli, dill, echinacea, eiervrug, ertjies, kattekruid, koljander, kool, komkommerkruid, marjolein, mielies, orego, pampoen, pietersielie, radyse, rape, rissies, roket, salie, seldery, spanspek, spinasie, soetrissies, stevia, tamaties, vinkel, waatlemoen & wortels.
In die blomtuin:
Plant:
Gladiolas, heuningblomme, kannas, kosmos & spinnekop lelies.
Ander tuin take:
- Plant ook wilde rabarber.
- Voed lentebolle
- Bedek alle beddings met ’n vars laag kompos
- Indien jy nog nie jou rose gesnoei het nie, doen dit nou en voed dit met ’n roos kunsmis.
Lekker tuinmaak!