Posted on Leave a comment

Hekel klas vir beginners

Dagsê Lesers,

Wil jy graag leer hekel?
Ons bied ’n hekel klas aan vir beginners!

In hierdie klas gaan jy leer hoe om te hekel asook hoe om ’n geskrewe patroon te lees.
In die klas sal jy ’n pragtige katoen waslap hekel wat uit die 4 basiese hekel steke bestaan. Jy sal ook leer hoe om kleure te verander en los drade netjies weg te werk.

Die klas word aangebied op die plaas Gedeelte 13, Delarey, Tarlton – ongeveer 17 km uit Krugersdorp en ongeveer 18 km buite Magaliesburg. (Waarvan 4 km uit grondpad bestaan vanaf Krugersdorp of 2 km vanaf Magaliesburg)

Die klas koste beloop Continue reading Hekel klas vir beginners