Dit het oor die laaste jare redelik gereeld gebeur dat ek sien ek het geen enkele korreltjie bruismeel in die huis nie en dan het ek reeds die resep se ander bestanddele begin meng.
Hier is ’n paar wenke vir plaasvervangers:
| Bestanddeel | Plaasvervanger |
| Bakpoeier | Meng 2ml kremetart en 1ml koeksoda vir elke 5ml bakpoeier wat benodig word. |
| Botter of Margarien | Gebruik 220ml kookolie vir elke 230g botter of margarien wat benodig word. |
| Bruismeel | Sif 525g (4 x 250ml, ongesif afgemeet) koekmeelblom, 30ml kremetart en 15ml koeksoda 4 keer saam. |
| Melk | Meng 250ml koue water met 60ml melkpoeier vir elke 250ml melk wat benodig word. |
| Mielieblom | Gebruik as bindmiddel 30ml koekmeelblom in die plek van 15ml mielieblom. |
| Suiker | Heuning of gouestroop kan in plaas van suiker in gebak gebruik word. Gebruik driekwart van die gegewe hoeveelheid suiker. |
| Suurdeeg | 1 Koekie (20g) saamgeperste of vars suurdeeg is gelyk aan een pakkie (10g) of 12,5ml aktiewe droë of korrel suurdeeg. |
| Suurmelk | Voeg 20ml suurlemoensap of asyn by 250ml melk. |
| Suurroom | Voeg 20ml suurlemoensap of asyn by 250ml room. |

