Tamatiepuree

Tamaties
Tamaties

Jy kan die volgende stappe volg om jou eie tamatiepuree te maak:

  • Was die tamaties goed af
  • Skil die tamaties
  • Maak die tamaties fyn (ek het dit in die voedselverwerker fyngemaak)
  • Gooi die fyn gemaakte tamaties in ’n pot en prut dit oor baie lae hitte totdat dit ’n dik pasta gevorm het. Onthou om dit gereeld om te roer sodat dit nie vasbrand nie.
  • Sodra die dik pasta gevorm het, druk dit deur ’n fyn sif of sit dit weer in ’n voedselverwerker totdat alles fyn is. (Ek het dit deur die sif gedruk omdat ek nie van die pitte in my puree wou hê nie).

Bottel dit dadelik in gesteriliseerde bottels en skroef die doppe op sodat die inhoud nie uitloop nie.  Sit dan die gevulde bottels in ’n pot met kokende water (maak seker die water bedek die bottels heeltemal) vir 25 minute, haal die bottels uit die water en draai so styf as moontlik toe terwyl die bottels nog warm is.

Puree klaar
Tamatiepuree

 

2 thoughts on “Tamatiepuree

  1. Wat is die tamatie puree se rakleeftyd?

    1. Goeiedag Lorinda,

      Die tamatie puree kan vir tot 1 jaar gebêre word in ‘n koel, droë, donker plek. Ek hoop dit help!

      Groete

Leave a Reply