Geagte Lesers,
Ons wil julle graag welkom heet by 2015 (waarvan een maand reeds verby gevlieg het!) en hoop dat ons in hierdie jaar sommer lekker gaan gesels hier op die Boervrou webblad.
Ons is baie trots op die vordering wat ons tot dusvêr gemaak het en is bewus daarvan dat daar nog BAIE is wat kortkom, maar ons is ywerig besig om daaraan te werk.
Ons sien baie uit daarna om julle opinies en idees te hoor, so stuur dit gerus in.
Een van ons lesers het reeds haar versoek ingestuur en so het ons toe ’n “Versoeke” bladsy oopgemaak ( sien onder ). Stuur gerus julle versoeke vir resepte, wenke ensovoorts in na info@boervou.co.za sodat ons dit kan plaas. Indien julle oor informasie beskik wat ’n ander leser soek, laat asseblief van julle hoor per epos of laat gerus jou antwoord in die kommentaar blokkie onderaan die versoek.
Ons het ’n Facebook groep oopgemaak vir die Boervrou, sodat lesers ook daar hulle insette kan lewer. Gaan sluit gerus aan by die groep deur op die volgende skakel te klik:
https://www.facebook.com/groups/1533441406897114/
Ons sien baie uit daarna om van julle te hoor!
Groete,
Leanie & Mariette
Dagbeplanner 2015
In vandag se besige lewe, voel ons almal met tye of ons nie weet waar om te vat en waar om te los nie! En indien jy nie ’n aksieplan/plan van optrede het nie, kan hierdie tye al hoe meer gereeld wees of dit kan die hele tyd so voel! Deur elke dag ’n tien minute, aan die beplanning van jou dag te spandeer, kan jy hierdie moedelose/frustrerende gevoel stadig maar seker uitskakel. Selfs al voel jy dalk op hierdie stadium jy het nie elke dag tien minute om ’n boekie in te vul nie, is dit noodsaaklik dat jy dit doen. Hoe veel minute bestee jy gedurende dag om jouself af te vra: “Wat is volgende?”, vir meeste van ons is dit BAIE meer as net tien minute in totaal.
Ons het dus ’n dagbeplanner ontwerp en gemaak in ’n poging om elke Boervrou se lewe meer gebalanseerd en vervuld te maak!
Dit is gratis en jy kan dit self aflaai van die webwerf (sien onder) en druk vir gebruik.
Tiemie
Goeie dag Lesers!
Tiemie is sekerlik een van die gewildste kruie vrylik beskikbaar deesdae. Met sy wonderlike smaak is dit nie moeilik om agter te kom hoekom nie. Behalwe vir die diepte wat dit aan vis, skaap, hoender, eier of aartappel geregte verleen, is dit ook ‘n MOET vir die kruie apteek.
Beetslaai
Dagsê Lesers!
Die laaste keer toe ek hierdie Beetslaai gemaak het, was ons op pad om te toer deur ’n gedeelte van Natal al agter geskiedkundige plekke aan, in die Boervolk se geskiedenis. Onder andere na die Monument ter herrinering van die Groot Moord van Bloukrans en Weenen) (Klik gerus hier om die artikel te lees)
Ons het die beet so in bottels ingepak en dit was altyd ’n lekker slaai wat ons net vinnig kon oopmaak en geniet. Dit is heerlik saam met vis, vleis en paste disse.
Hier is die resep:
Bestanddele:
1 ½ liter gaar beet, gerasper
Tamatiepuree
Goeie dag Lesers.
Ek was gelukkig genoeg om verlede week ’n klein bergie tamaties te kon oes uit die tuin. En aangesien hierdie tamaties gegroei is van saad wat glad nie geneties gemanipuleerd is nie, was ek verplig om iets konstruktief te doen met die oorvloed tamaties! Die finale keuse was toe tamatiepuree. Die tamatiepuree was ’n reuse sukses maar as ek moet eerlik wees; dit is ’n arbeidsintensiewe en tydsame proses vir ’n klein hoeveelheid puree.
Jy kan die volgende stappe volg om jou eie tamatiepuree te maak:
Mango Blatjang
Dagsê Lesers!
Gedurende Desember en Januarie is dit een van die besigste tye in my kombuis. Dit is die tyd wat alle soort vrugte soos perskes, pruime, appelkose ensovoorts, mooi ryp is. Dit is ’n gewerskaf om die vrugte skoon, geskil en opgesny te kry, gereed vir die potte. Wat dit ook lekker maak is dat manlief gewoonlik ook hand bysit want dit is maar ’n groot werk. Die rakke van die spens moet vol vir die jaar wat voorlê. Daar is niks so lekker soos vars room op ingemaakte perskes voor die kaggel in die winter nie of konfyt op vars gebakte brood en blatjang saam met vleisbraai.
Hierdie jaar het ek besluit om mango blatjang te maak.
In ons omgewing het ons ’n groot groente en vrugtewinkel waar ek ’n paar boksies mango’s gekoop het.
Dit was nogal ’n nuwe uitdaging want ek het nog nooit met mango’s gewerk nie en was nie seker wat om te verwag nie. Dit was toe nie so erg soos wat ek gedink het nie, al ding is dat hierdie blatjang sal in ’n oogwink aanbrand, so, as jy besluit om dit te maak, weet net een ding, jy gaan die pot oppas en roer deurentyd.
Soos ek gesê het gelukkig vir my, staan my man se hande vir niks verkeerd nie en hy het met alles gehelp, om nie eens te praat van my tweede geluk, dat sy Tante kom kuier het en ook gehelp het nie! Dit was skone pret en plesier om die vrugte te bewerk.
Hier is die resep:
Brosbrood Koekies
Brosbrood koekies was een van my pa se gunstelinge! Ek moet erken ek is self baie lief vir brosbrood – maar ek verkies hierdie resep. Die koekies smelt in jou mond en geen baksel hou in ons huis vir langer as twee dae nie!
Hier is die resep:
Inmaak Proses nommer
Dagsê Lesers!
Hierdie is die manier waarop ek al my produkte inlê, maar wil net ook in dieselfde asem sê dat my metode is nie wet en orde nie! Dit word slegs geplaas as riglyn. Indien jy ’n ander metode gebruik, voel asseblief vry om vir ons te laat weet en ons kan dan moontlik jou metode ook publiseer vir ander lesers, sodat elke leser kan kies watter metode vir haar of hom die beste werk!
Items wat ek gebruik om produkte mee in te lê:
Tang – om warm bottels uit oond te haal.
Speelklei
Dagsê Lesers!
’n Vriendin in nood vra my om na haar twee dogtertjies te kyk vir ’n paar uur. Ek stem toe in en wonder toe wat op aarde doen mens om ’n kind besig te hou? Aangesien ek nie kinders het nie, was dit nogal ’n groot vraag, wat my goeie vriendin, Pinterest, toe in ’n oogwink oplos: Speel klei!
Ek onthou as kind het my Ma altyd vir ons ook speel klei gemaak, maar ek onthou dat sy dit op die stoof gekook het. Ek het op ’n geen kook speel klei resep afgekom wat glad nie te moeilik is om te maak nie en die bestanddele is goed wat gewoonlik in die huis is. Ek was dood verbaas oor al die verskillende resepte en teksture van speel klei – van gewone gekleurde speel tot klei, speel klei met geursels, kruie blomme tot speel klei wat byna soos klip lyk met gemaalde, gebruikte koffiebone in die deeg – te oulik.
Ek besluit toe aangesien ek nou ’n groentjie is in die maak van speel klei sal ek dit nou nie te ingewikkeld maak nie en net gewone gekleurde speel klei maak.
Die meisies was heel beïndruk met my en die klei wat ek gemaak het, elkeen het ’n kleur gekies – pienk en geel! Dit het hulle byna 2 ure lank vermaak. Die twee is heel tevrede met hulle speel klei huis toe!
Hier is die resep:
Plaasvervangers
Dit het oor die laaste jare redelik gereeld gebeur dat ek sien ek het geen enkele korreltjie bruismeel in die huis nie en dan het ek reeds die resep se ander bestanddele begin meng. Hier is ’n paar wenke vir plaasvervangers: Bestanddeel Plaasvervanger Bakpoeier Meng 2ml kremetart en 1ml koeksoda vir elke 5ml bakpoeier wat benodig word. Botter of Margarien …
Versoeke
- OUTYDSE BOBOTIE RESEP Ons het ’n versoek van een van ons lesers ontvang: Wendy Mann van Krugersdorp is op soek na ’n outydse bobotie resep, wat appelkooskonfyt in het. Indien jy dalk oor so ’n resep beskik, stuur dit asseblief in na info@boervrou.co.za sodat ons dit op die webblad kan plaas.
Groete, …