Die Boervrou Uitgawe 10

 

 

Goeiedag Leser,

Ons is sommer baie opgewonde om weer ‘n nuusbrief te deel.

Ons het ons produkte bietjie uitgebrei en ons maak nou ook ‘n paar ingemaakte produkte wat te koop aangebied word en bak ook die heerlikste brood en verskeie ander lekkernye op bestelling. Gaan loer gerus op die webwerf na al die nuutste toevoegings tot die winkel.

As jy nog nie by ons Instagram profiel gaan inloer het nie kan jy ons gerus gaan volg deur op hierdie skakel te klik: INSTAGRAM

Stuur gerus vir ons wenke en idees wat ons weer in die volgende nuusbriewe kan plaas of klik op die skakel onder in die nuusbrief om jou kommentaar te plaas.

Indien jy nie reeds ingeteken het op die nuusbrief nie, teken gerus in deur op die onderstaande skakel te klik, sodat dit outomaties vir jou gestuur word en jy geen artikel mis nie!

Ons sien uit daarna om van jou te hoor!

Baie groete,
Mariette & Leanie


Nuwe produkte

Dagsê Lesers,

Ek deel graag met julle die nuutste produkte in ons aanlyn winkel.

Let daarop dat hierdie produkte slegs self opgelaai kan word in Tarlton, Gauteng.

Die brode word met NON-GMO koringmeel gebak. Die koringmeel bevat geen preserveer middels nie en word ook nie gebleik nie.

Brood / Bread

Dan stel ons ook ons drie nuwe ingemaakte produkte bekend:

Read more.


Tuin take vir Augustus

Dagsê Lesers,

Hier volg weer ’n nuttige lysie van tuin take vir Augustus.

In die groente en kruie tuin:

Plant:

Aartappels, aspersies, basielkruid, beet, blaarslaai, blomkool,

Read more.


Hekel klas – Hoek tot hoek (C2C) geruite kombers

Dagsê Lesers,

Ons bied ’n hekel klas aan by Gedeelte 13, Delarey,
Tarlton, Gauteng op die 11de Augustus 2018 van 9:00 tot 13:00.

In hierdie klas gaan jy leer hoe om die hoek tot hoek blokkies (C2C)
aanmekaar te hekel deur die vaswerk soos jy vorder metode te gebruik
en hoe om ’n mooi randjie om jou kombers te hekel. Die kombers is
70 x 70 cm groot.

Die klas koste beloop R250 en al die wol is daarby
ingesluit om die kombers te maak asook ’n ligte ete.

Read more.


Suurdeeg Pizza

Dagsê Lesers,

Vandag deel ek weer ’n heerlik resep.

Hierdie suurdeeg pizza is nou regtig een van die lekkerste pizzas wat ek al ooit gemaak het.
Die olywe, tamaties en kaas ’n so ’n fantastiese kombinasie dat ons nie eens agterkom dat daar geen vleis op is nie!

Hier is die resep:
Pizza deeg:
625ml Koekmeel
250ml Water
5ml Kits gis

Read more.


Hekel klasse van 12 en 19 Mei 2018

Dagsê Lesers,

Hier was dit vreeslik besig die drie laaste weke.
Ons het mos begin om hekel klasse aan te bied vir beginners.

Dit was baie pret, vir die van julle wat ons volg op Facebook en Instagram, julle het seker die foto’s reeds gesien.
Vir die van julle wat dit nog nie gesien het nie hier is ’n paar foto’s van die klasse en items wat gemaak is:

Een van die dames het besluit om ’n tweede rand om haar

Read more.

 


Lees jy etikette? Deel 1

Dagsê Lesers,

Net voor ek die artikel begin vra ek om verskoning vir al die engelse terms in die artikel maar het besluit om dit so te skryf aangesien dit is wat op die etikette staan.

Lees jy etikette? Die etikette aan die balle wol of gare wat jy aankoop om mee te hekel of brei!

Op die etikette van die wol of gare wat jy aankoop is BAIE belangrike informasie en tot onlangs het ek self ook nie die etikette aandagtig nagegaan VOOR ek die wol of gare aangekoop het nie.

Read more.


Winkel

Gaan loer gerus na die ander handgemaakte items in ons aanlyn winkel deur op die knop te klik.

 

 

 

 


Argief

Klik op die onderstaande skakel om al die vorige nuusbriewe te gaan lees:


Facebook

Sluit gerus aan by ons groep op Facebook, om op hoogte te bly met al die nuwe plasings!