Suurdeeg Pizza

Hierdie suurdeeg pizza is nou regtig een van die lekkerste pizzas wat ek al ooit gemaak het.
Die olywe, tamaties en kaas ’n so ’n fantastiese kombinasie dat ons nie eens agterkom dat daar geen vleis op is nie!

Suurdeeg Pizza

Hier is die resep:
Pizza deeg:
625ml Koekmeel
250ml Water
5ml Kits gis
5ml Seesout
5ml Suiker

Bolaag:
400g Baba tamaties, opgesny en in botter gebraai.
1 pakkie olywe, in skywe gesny
300g Gerasperde Mozzarella.

Meng al die bestanddele vir die pizza deeg saam. Plaas in ’n bak met ’n volume van 1.5L wat ’n deksel het. Plaas die deeg in die yskas vir 10 tot 12 ure.

Knie af en laat weer staan by kamertemperatuur vir nog 8 tot 10 ure.

Voorverhit oond tot 190°C.

Deel die deeg in twee balle – rol uit en plaas op ’n gesmeerde bakplaat. Steek met ’n vurk gaatjies oral in die deeg – dit help die stoom om te ontsnap sodra die pizza deeg gebak word.

Bak die pizza nou vir 7 min. Haal uit oond, smeer bietjie botter op, sit die tamaties, olywe en kaas bo-op. Geur met seesout en swart peper na smaak.
Bak vir nog ongeveer 15 minute of tot gaar.

Die resep lewer twee groot pizzas.

Geniet!