Die Boervrou Uitgawe 5

Goeiedag leser,KRISANT_MAROON

Dit is reeds amper die einde van Julie, wat beteken ons is sterk op pad na die lente toe. Ons het perskebome wat reeds begin bot. Dit maak mens skoon lus om te begin tuinmaak, alhoewel dit nog klein bietjie te vroeg is.

Daar is wel ander take wat ook nodig is ter voorbereiding op die nuwe seisoen en nou is ook die ideale tyd om rose en vrugtebome te snoei.

In hierdie nuusbrief het ons weer twee artikels oor die droog van kosse. Laat weet gerus vir ons as julle ook julle ekstra groente droog en hoe julle dit weer gebruik.

Indien jy nie reeds ingeteken het op die nuusbrief nie, teken gerus in deur op die onderstaande skakel te klik, sodat dit outomaties vir jou gestuur word en jy geen artikel mis nie!

Teken in knop

Stuur gerus jul kommentaar, per epos na info@boervrou.co.za

Baie groete,
Leanie & Mariette


BLOEKOMBloekom

Goeie dag lesers!

Bloekom bome sal jy oral in die platteland aantref rondom plaas huise en vrugte boorde met die hoof doel om as wind skerm te dien.
Die gewone bloekom boom (Eucalyptus globulus) oftewel die blougomboom kom oorspronklik vanaf Australië en Tasmanië na Suidelike Afrika gebring, waar dit in kommersiële plantasies aangeplant was vir die verbouing van hout, pale en vuurmaakhout.
Die nadeel van die Bloekom boom is die feit dat hy besonders baie water gebruik. Maar behalwe vir hierdie een nadeel is hierdie baie geharde bome, wat eintlik enige plek en onder enige kondisie kan floreer. ʼn Kenmerkende voordeel van die Bloekom is dat hy ʼn uitstekende lug-suiweraar is. Kleiner, meer hanteerbare variëteite is reeds ontwikkel wat ook aan die Eucalyptus Globulus familie behoort soos die algemene “penny gum” (Eucalyptus gunni).

Plant en Groei:

lees meer.


GEKOOKTE UIE xDie droog van uie

Dagsê Lesers,

Ek het ook vir die eerste keer uie gedroog!

Om die uie te droog het ek die uie geskil en opgekap in stukkies.

Daarna het ek dit in ’n pot gesit, sout en water bygevoeg (dit is belangrik om sout by te sit want dit help met preservering) en gekook totdat dit gaar en deursigtig was.

lees meer.


Die droog van patatsPATATS IN SUURLEMOEN WATER x

Dagsê Lesers,

Een van ons lesers het gevra of ons enige inligting het oor die droog van patats. Ek het daar en dan begin met die voorbereiding om patats te droog.

Omdat patats so maklik verkleur het ek heel eerste ’n bak met ’n volume van 1.5l geneem en vol water gemaak en 15ml suurlemoensap daarin gegooi. Daarna het ek die patats goed skoon gewas onder lopende water en begin om dit te skil. Met patats moet mens die heeltyd in suurlemoen water werk, met ander woorde jy moet byna elke keer wanneer jy aan hom skil of sny, die patat in die suurlemoensap water doop. Ek het met elke 5de haal van die groente skiller, die patat in die suurlemoen water gedoop, totdat die hele patat klaar afgeskil is.

In stede daarvan om die patat op ’n sny bord te plaas en in skywe te sny, het ek dit so stuk vir stuk uit die suurlemoen water uitgehaal opgesny weer teruggeplaas in die suurlemoen water.

lees meer.


KRISANT_MAROONTuintake vir Julie

Dagsê Lesers,

Hier volg weer ’n nuttige lysie van tuin take vir Julie.

In die groente en kruie tuin:

Plant:
Ertjies.

lees meer.


TAMATIE EN UIE SOUS xTamatie en uiesous

Dagsê Lesers,
Hierdie tamatie en uiesous is altyd ’n wenner by enige dis. Die heel lekkerste vir my is dat ek dit kan bottel, in die spens kan stoor en gebruik, soos ek dit nodig kry. Die resep lewer sowat 1.8L sous.

Hier is die resep:

lees meer.

 

 


GLASMATJIES xGehekelde hartjie glasmatjies

Dagsê Lesers,

Ek het hierdie oulike gehekelde hartjie glasmatjies op die internet raak geloop en het besluit om dit met julle te deel.
Dit is ‘n baie eenvoudige patroon wat bestaan uit glipsteek, kettingsteke, kortbene en langbene.

Ek het Elle se “Premier natural cotton – 4ply” gebruik met ‘n 3mm hekel pen. Ek het uit een 50g bol van die genoemde hekel gare, sewe glasmatjies gehekel.

lees meer.


Facebook

Sluit gerus aan by ons groep op Facebook, om op hoogte te bly met al die nuwe plasings!

Sluit aan knop


 

 

1 thought on “Die Boervrou Uitgawe 5

  1. Hallo Mariette,

    Oor die Boervrou stories – Ek het nog nie ‘n voorskoot om te kwalifiseer nie, maar ek werk daaraan…

    Bloekom bome is aangebring vir medisinale eienskappe, eucoluptus of so iets. Mens behoort dit te kan onttrek uit die blare (en alkohol word tipies daarvoor gebruik) en dit werk vir lugweë aandoenings, iets wat ons hier met die chemtrails meer aandag aan behoort te gee, want die siektes wat hulle op ons sproei is uit die lug. Toe ons die laaste keer na Albert se plaas toe is voor die paas naweek het daar ‘n vliegtuig oor ons gevlieg met so lang wit wolk agter hom, dis chemtrails, hulle sproei chemikalië en siektes op die mense. 4 dae later toe ons terugkom was almal siek – ewe skielik. My boetie in JHB sê die mense het daar gesit rye en rye by die dr se spreek kamers. Almal word nie ewe skielik sommer net siek nie, behalwe as dit wyd verspreid soos met die vliegtuig versprei word. Google dit gerus.
    Ek weet nie of groen bloekom blare wat gebrand word soos in lamp olie medisinale eienskappe het as jy dit in asem nie ?

    Die olies in sekere bome brand baie langer as net hout, dennebome bv. Jy kan nie daarop braai nie maar die olie laat die hout lank brand.

    Bougan villa’s maak baie sekuur heinings om toegang te beperk, is baie droogte bestand en het pragtige blomme van verskillende kleure.

    Terwyl julle perske bome wil begin snoei, dis nog bietjie vroeg, ek weet nie waarom die bome nou al bot nie. Gewoonlik word die snoeiery eers na die volgende koue gedoen. Die lote kan geplant word om nuwe perske bome mee te maak. Die lote moet op ‘n sekere manier gesny word en die stammetjie wat in die grond gesit word moet met groei hormone behandel word. Jy het baie vinniger ‘n baie groter boom. Ek sal as ek tyd (en as ek onthou) kry op Youtube kyk of iemand daar dit wys. Ons het almal te veel ander gemors bome en hopeloos te min vrugte bome.

    Nog ‘n baie produktiewe vrugteboom is avokado’s. Hulle dra al op 3 jaar en word baie groot en dra baie vrugte. Ek het tans ‘n klomp pitte in grond gesit en sien van hulle begin al bars van die wortels wat uitloop. Ons plant hopeloos te min, en veral te min bome.

    Ek sny die uie stukkies en spoel dit net uit om te droog. Die uie se sop van die sny maak die uie smerterig wat dan dit laat suur word. Ek droog die uie rou, ek het nog nie gaar uie probeer droog nie. Patats is een van die mees produktiefste groente, gooi die lote wat uitgroei plek-plek toe en daar kom ‘n patat uit.

    ‘n Wenk aan almal wat te min water het, skottelgoed water, bad/stort water en wasbak water is heel geskik vir meeste van hierdie groentes en bome.

    Julle ouens wat plek het, plant en plant baie bome, daar is nie iets soos te veel kos as die moeilikheid wat ons weet aan die kom is hier is nie. Kos en water (sonder krag) gaan die grootste probleem vir ons oorlewing wees, en ons tyd loop uit.

    Groete
    Fanie

Leave a Reply