
In die groente en kruie tuin:
Plant:
Aartappels, artisjokke, aspersies, basielkruid, beet, blaarslaai, blomkool, brokkoli, dill, eiervrugte, kamille, kattekruid, komkommers, komkommerkruid, koljander, kool, kruisement, laventel, marjolein, mielies, orego, pampoen, patat, pietersielie, radyse, rape, rissies, roosmaryn, salie, soetrissies, spanspek, spinasie, skorsies, stam- en rankbone, stevia, tamaties, tiemie, vinkel, waatlemoen & wortels.

In die blomtuin:
Plant:
Amaryllis, begonias, dahlias, jakobregoppe, impatiëns, kappertjies, lobelias & petunias.
Ander tuin take:
- Snoei rank rose & jasmyn.
- Voed bessies.
- Snoei poinsettias terug.
- Snoei hibiskusse om hulle aan te moedig om in die laat somer en herfs weer te blom.
- Bind nuwe klim rooslote aan hul stutte.
- Haal uitgeblomde lente bolle uit en bêre dit.
- Knip nuwe groei by struike en meerjariges af, om hulle bosagtiger te maak.
- Maak plante gereeld nat.