Mei

Hier volg weer ’n nuttige lysie van tuin take vir Mei

In die groente en kruie tuin:

Plant:
Beet, blaarslaai, blomkool, brokkoli, ertjies, kool, koring, radyse, rape, roket, seldery & spinasie.

In die blomtuin:

Plant
Gazanias, gousblomme, leeubekkies, Namakwalandse madeliefies & wilde leeubekkies

Ander tuin take:

Snoei oorgroeide klimplante en sny dooie groei uit.
Voed lenteblommende bolle.
Begin om rypgevoelige plante snags toe te maak.
Maak hardehout steggies van immergroen en bladwisselende struike.
Bestel tulpe by die bolkwekers en plant dit sodra jy dit ontvang.
Gebruik steeds blare wat van bome afval as deklaag, maar los van die blare onder die bome om ook as deklaag vir die bome te dien.

Lekker tuinmaak!