Serp – V – Steek

V-STEEK SERP

Ek het 2 balle van 50g Elle Fairy’s Delight (kleur: Zarina) gebruik en die serp is net 1.5meter lank. Indien jy van ’n langer serp hou sal ek voorstel dat jy drie balle gebruik. Ek het ’n 3.5mm hekelpen gebruik.

V-STEEK NABY

Hier is die patroon:

ks = Kettingsteek
lb = Langbeen

Met 3.5mm hekelpen maak 31 kettingsteke (ks)

Ry 1: In die 5de ks vanaf pen maak 1 lb, *slaan een ks oor en in volgende ks maak 1lb, 1 ks, 1lb (jou eerste v-steek) slaan een ks oor en in die volgende ks maak 1 lb* herhaal van * tot *

Ry 2: Maak 3 ks en draai jou hekelwerk om, *in die 1ks spasie van die v-steek maak 1lb, 1ks, 1lb, maak dan weer 1lb in die lb van die vorige ry* herhaal van * tot *.

Herhaal ry 2 totdat die serp die lengte bereik het wat jy verkies.

Heg af en werk al die los drade weg.