September

Hier volg ‘n handige lysie van take wat in die tuin verrig kan word in September.

Kattekruid
Kattekruid

In die groente en kruie tuin:

Aartappel Plant
Aartappel Plant

Plant:
Aartappels, artisjokke, aspersies, basiel kruid, beet, blaarslaai, dill, eiervrugte, ertjies, kattekruid, koljander, komkommers, komkommerkruid, kool, marjolein, mielies, pampoen, patat, radyse, rissies, salie, seldery, soetrissies, spanspek, spinasie, skorsies, stam- en rankbone, stevia, tamaties, tiemie, vinkel, waatlemoen & wortels.

By en bloeisels

In die blomtuin:

Plant:
Asters, celosias, dahlias, gazanias, josefskleed, kappertjies & petunias.

Ander tuintake:

• Spuit vrugtebome vir vrugtevlieg sodra ongeveer 80% van die bloeisels afgeval het.
• Dun vrugte uit wat te dig opmekaar sit.
• Maak tuin goed skoon en gee alle beddings ’n vars laag kompos.
• Haal digte meerjarige blomme en siergrasse uit en verdeel hulle.
• Gaan stutte van hoogblommende plante (soos ridderspore ) na.
• Verwyder voortdurend dooie blomme van lenteblommende plante.
• Verdeel ook winterblommende vetplante, grondbedekkers en aalwyne.
• Let op vir termiete in die tuin en bestry dit.
• Gee potplante gereeld water.
• Spuit rose ook voorkomend vir swartvlek en meeldou
• Indien jy nog nie rose na hulle snoei gevoed het met kunsmis nie, doen dit nou.
• Snoei heinings en vormplante.
• Snoei ook ryp beskadigde plante maar net sodra die kans van laatryp reeds verby is.