Kattekruid Koekies

Ek bak die koekies bêre dit in ’n glas bottel in die kombuis op die kas. My katte kom sit in die vensterbank as ek in die kombuis besig is en dan gee ek vir hulle elkeen ’n koekie deur die venster… gelukkige katte! (Hulle eet dit so gou op dat dit nog nooit kans gekry het om sleg te word nie)

KATTEKRUID KOEKIES

Hier is die resep:
¾ Koppie Koekmeel
½ Koppie Volgraanmeel
10g Gedroogde Fyngemaakte Kattekruid
3 teelepels heuning
125ml water

Verhit oond tot 180°C
Meng die meel en kattekruid met mekaar. Voeg die water en heuning by en meng goed. Rol die deeg in klein bolletjies (omtrent so groot soos ’n tien sent stuk) en plaas op ’n gesmeerde bakplaat. Druk al die bolletjies plat. Bak die koekies vir ongeveer 15 minute. Dit word nie regtig bruin bo-op nie, maar wel aan die onderkant.

Laat heeltemal afkoel voordat jy vir jou kat daarvan laat proe – my katte staan gewoonlik by die venster en laat luidkeels van hulle hoor as ek die koekies bak.

Ek hoop dat hierdie artikel jou sal inspireer om ook jou eie kattekruid koekies te bak en dat jou katte dit net so baie sal geniet soos myne.

Waarskuwing:
Let daarop dat sekere bestanddele giftig is vir katte. Voordat jy enige resep volg vir tuisgemaakte kat lekkernye, doen altyd eers jou eie navorsing om seker te maak dat dit wat jy vir jou kat gee nie dalk gesondheidsgevare inhou nie.