Geagte Lesers, baie welkom by die Boervrou se eerste nuusbrief!
Ons wil graag ’n beroep doen dat julle asseblief betrokke moet raak by die Boervrou. Ons soek voorstelle, insette, resepte, planne, sommer alles wat met ons Volk en spesifiek die Boervrou te doen het. Die Boervrouens van ons Volk kan nie net uit ons twee bestaan nie. Hierdie blad is vir al die Boervrouens om saam te kuier, kennis te deel in swaar tye en ook in goeie tye, in hartseer tye en ook in gelukkige tye. Kom dat ons hande vat sodat ons weer soos van ouds, ’n Boervrou in murg en been kan word. Dit is die taak van die Boervrou om na die welsyn van die Volk om te sien, ’n man het nie die emosie van ’n vrou om so ’n taak te verrig nie.
Stuur gerus vir ons jou gunsteling resepte of wenke in na info@boervrou.co.za om op die blad te publiseer, stuur ook sommer die stukkie geskiedenis wat aan die resepte of wenke gekoppel is saam!
Kom ons werk saam en skep ‘n lekker kuierplek waar ons, ons stories en kennis met mekaar kan deel.
Ons sien uit daarna om van julle te hoor!
Groete,
Leanie & Mariette
Salie
Dagsê Lesers!
Hier is nog ’n krui wat van groot waarde is en ook ’n MOET vir enige Boervrou se tuin.
Salie is ’n maklike groeier en het nie vreeslik baie aandag nodig nie.
Salie is ’n meerjarige plant met ’n gemiddelde leeftyd van vier jaar.
Die plant se hoogte wissel tussen 35 en 60cm. Omdat Salie se takke verhout word dit as ’n halfstruik beskou.
Salie lok ook bye en vlinders na die tuin.
Kruisement
Dagsê lesers.
Die inligting wat ek vandag met u wil deel, gaan oor Kruisement. Hierdie is ‘n krui wat elke Boervrou in haar tuin MOET hê.
Ek kan persoonlik getuig van die positiewe uitwerking wat Kruisement op die spysvertering stelsel het. My kruisement plant word behoorlik vertroetel en opgepas. Daar is voortdurend kruisement blare in die voedseldroër vir my daaglikse koppie (soms koppies) kruisement tee.
Basielkruid
As ‘n beginner in die kruie tuin afdeling, het ek besluit om te begin met iets wat volgens meeste kenners maklik is om te groei en te onderhou. Dit is ook my gunsteling krui: BASIELKRUID.
Vinnige Kaas Skons
Hierdie skons is regtig ’n vinnige staatmaker, mens kan dit sommer gou voor werk in die oggend maak en dan het mens heerlik ontbyt of vars skons vir ete by die werk. As mens onverwagte gaste kry en gou iets lig wil voorsit saam met koffie of tee, dan is die net die resep daarvoor.
Die resep het ek by Tannie Huibrecht Eksteen gekry, sy het dit so gegee: “Die resep vat ’n koppie meel, koppie melk, een eier en so bietjie olie, sout en bakpoeier en so handjie kaas.”
Dit is mos hoe ons Oumas kos maak, so bietjie van die en so bietjie van dat. Wel, dit is hoe ek altyd gedink het en op die ou end maak mens mos self so, dan vra iemand jou die resep en dan begin mens ook wonder hoeveel het ek nou eintlik ingesit!
Ek probeer maar as ek iets nuut maak, klaar die hoeveelhede neerskryf van wat ek insit sodat mens kan weet na watter mate om die resep aan te pas as mens dit graag weer wil maak. Hoeveel keer maak mens nie iets en kry dit net nooit weer so gemaak nie, want die belangrikste bestanddeel het vergete agtergebly?
Hier is die resep:
Pannekoek
Party dae is net regte pannekoek-dae! As dit so lekker reën dan wil mens net onder ‘n lekker kombersie op ‘n bank lê met pannekoek en koffie.
In my ouerhuis, was my Broer die baas pannekoekbakker! Daar is ook geen wet wat sê dat ‘n pannekoek net met kaneelsuiker geëet moet word as ‘n soet happie nie, my Ma eet dit byvoorbeeld met pruimkonfyt of stroop. Ek verkies weer ‘n sout pannekoek met tamatie en uie sous met ‘n goeie klompie gerasperde kaas.
So bak ‘n paar vir jou gesin en sit dit voor met net dit wat jou gelukkig maak.
Hier is die resep:
Bestanddele:
2 koppies Koekmeel
1 teelepel Sout
½ teelepel Bakpoeier
2 koppies Melk
2 Eiers
Suurdeeg Potbrood
Die potbrood neem heelwat langer as gewone brood om voor te berei maar die eindresultaat maak dit alles die moeite werd!
Bestanddele:
1 ½ koppie water
¼ teelepel droë kitsgis
½ teelepel seesout
3 koppies meel
Gemmer Koekies
Bestanddele:
500ml Koekmeel
50ml Fyn Gemmer
5ml Fyn Kaneel
2.5ml Koeksoda
2ml Seesout
250ml Suiker
80ml Stroop
1 eier
180g Botter
Bruinsuiker om koekies in te rol
Wie is ons?
Ons is bekommerde vroue van die Boervolk wat probeer om ’n verskil te maak. Nou sal u dink: Bekommerd? Waaroor? Ons is bekommerd omdat ons sien dat ons Volk se mense het geen passie meer vir Volksake of selfs die alledaagse bestaan nie.
Die blad wil ons ook graag opdra aan die Boervroue van ons Volk wat ’n aandeel gehad het in die ontwikkeling van die land.
- Dit was die Boervrou wat haar man aangepor het en moed ingepraat het op die Trekpad tydens die Groot Trek.
- Dit was die Boervrou wat na die moord by Bloukrans rivier in 1838 aan haar man gesê het: “Ons gaan nie terug Kaap toe nie, ons loop eerder kaalvoet oor die berge as om terug te gaan. Ons bly.”
- Dit was die Boervrou wat met die Anglo-Boere Oorlog (voor die verskroeide aarde beleid) vir die mans kos verbou het wat op kommando was en as die mans tussen slagvelde huis toe gekom het vir voorrade was dit die Boervrou wat gesê het: ‘Jy was nou lank genoeg hier, vat jou voorraad en gaan veg vir ons Vryheid.’
- Dit was die Boervrou wat gesê het: ‘Ja, vat die seuns (al was van hulle net 8 jaar oud) en laat hulle saam veg.’
- Dit was die Boervrou wat na die oorlog by haar afgebrande huis gekom het, na die skuur gegaan het en op haar knieë gaan staan het en die koring korrels tussen die vloerplanke uitgekrap het en gaan plant het om weer kos vir haar gesin te voorsien.