Goeiedag Leser,
Ons kan byna nie glo dat die eerste maand van 2018 byna verby is nie!
Van ons laaste nuusbrief af, het daar so baie dinge plaasgevind, dat dit byna onmoontlik is om alles op te noem.
Een van die groot dinge is dat ons ‘n aanlyn winkel begin het op die webwerf! Ons het al ‘n hele paar items in die winkel en werk daagliks daaraan om dit uit te brei.
Ons het ook veranderinge aan ons tuis blad aangebring asook ‘n Facebook blad begin waar die items in die aanlyn winkel ook verskyn – klik gerus hier om die Facebook blad te besoek
Stuur gerus vir ons wenke en idees wat ons weer in die volgende nuusbriewe kan plaas of klik op die skakel onder in die nuusbrief om jou kommentaar te plaas.
Indien jy nie reeds ingeteken het op die nuusbrief nie, teken gerus in deur op die onderstaande skakel te klik, sodat dit outomaties vir jou gestuur word en jy geen artikel mis nie!
Ons sien uit daarna om van jou te hoor!
Baie groete,
Leanie & Mariette
Groente Koekies met Kaas
Ek was so lus vir iets wat baie kaas bevat en toe besluit ek om hierdie groente koekies met kaas te maak.
Dit het regtig baie lekker gesmaak en ons kan nie wag om dit weer te maak nie.
Hier is die resep:
200g Brokkoli, baie fyn gekap
200g Blomkool, baie fyn gekap
Valentynsdag Geskenke
Valentynsdag is om die draai!
Valentynsdag het my geinspireer om ‘n paar items te maak wat as fantastiese Valentynsdag geskenke kan dien.
Eerstens het ek hierdie Hartjie versiersel gemaak in vier kleure: pienk, pers, blou en natuurlik rooi!
Dit kan gebruik word om baie dinge te versier, van ‘n geskenk pakkie tot ‘n deurknop.
Klik gerus hier om na die Hartjie versiersels te kyk in die winkel.
Dan het ons ook hierdie oulike Hartjie sleutelhouer.
Winkel
Gaan loer gerus na die ander handgemaakte items in ons aanlyn winkel deur op die knop te klik.
Spesiale Spoegdoek
Dagsê Lesers, Ons is baie opgewonde om ons nuwe item bekend te stel! Ons maak nou ook spoegdoeke wat borduur word met een van vier prentjies, sowel as baba se naam. Die spoegdoek word dan ook al om die rand gehekel om die doek mooi af te rond. Klik gerus hier om die aanlyn winkel te besoek om al vier …
Blomme in my tuin – Desember 2017
Op hierdie fantastiese somerdag het ek gevoel ek wil ’n paar foto’s met julle deel van blomme in my tuin.
Oral waar ek gaan, pluk ek stiggies en maak my eie plantjies – dit is so erg dat ek al selfs ’n snoeiskêr in my handsak het! (Wat my man vir my gekoop het!)
Ek het ’n klein versameling van plante oor die laaste paar jaar bymekaargemaak en probeer sovêr moontlik die wetenskaplike name van die plante leer. Dit is vir my baie lekker om my plantjies te identifiseer. Ek weet dat baie mense nie daarvan hou nie – maar plante het so baie algemene name dat ek naderhand geen idee het van watter plant daar gepraat word nie. Dit is ook baie makliker om meer inligting oor ’n sekere plant te kry as mens die wetenskaplike naam het, soos of die plant hou van skadu of direkte sonlig en wat vir my baie belangrik is,
Kommentaar
Klik gerus op die onderstaande skakel om kommentaar te lewer op die nuusbrief:
Argief
Klik op die onderstaande skakel om al die vorige nuusbriewe te gaan lees:
Sluit gerus aan by ons groep op Facebook, om op hoogte te bly met al die nuwe plasings!