Die Boervrou Uitgawe 3

Goeiedag Leser,

Ons hoop dat jy net so opgewonde is om die nuusbrief te lees soos wat ons was om dit saam te stel.

Ons het nogal goeie vordering gemaak in die laaste paar maande wat verby is en het ons eerste artikel geplaas oor die droog van kosse met behulp van insette wat lesers gelewer het.

Ons sien baie uit daarna om jou opinies en idees te hoor, so stuur dit gerus in na info@boervrou.co.za

Indien jy nie reeds ingeteken het op die nuusbrief nie, teken gerus in deur op die onderstaande skakel te klik, sodat dit outomaties vir jou gestuur word en jy geen artikel mis nie!

Teken in knop

Baie groete,

Leanie & Mariette


LaventelLaventel

Dagsê Lesers,

Laventel is een van my gunsteling kruie. Die pers blommetjies is altyd vir my so mooi, die geur is fantasties en dit lok boonop nog bye en skoenlappers na die tuin! Daar is ’n talle verskeie kultivars van Laventel beskikbaar.
Engelse Laventel (Lavendula Agustifolia) wat tog nie inheems aan Engeland is nie, groei van nature in die kalkgrond van die Middelandse Seegebied.
Varingblaarlaventel (Lavandula multifida) is ’n variëteit wat glad nie teen uiterste koue bestand is nie.

Laventel word meestal in soet geregte gebruik soos tertsuiker, beskuitjies, skuimkoekies, roomys en ander nageregte. Laventel blomme word ook somtyds by kruieasyn of selfs by swart bessiekonfyt gevoeg.

Laventel hou insekte op ’n afstand en is ook baie voordelig in die linnekas om vismotte te verjaag.
Laventel het talle gebruike in die kombuis en net so baie medisinale gebruike.
Laventel is selfs in die tweede wêreldoorlog gebruik omdat dit antibakteriese en geneeskragtig eienskappe het.

Read more.


HARLEKYN PATROONHarlekyn Patroon

Goeie dag lesers

’n Goeie vriendin van my het onlangs geboorte gegee aan die pragtigste dogtertjie.  En julle sal met my saamstem dat min geskenke is so kosbaar soos ’n handgemaakte baba kombersie.  En aangesien ek hekel-mal is, het ek begin soek vir ’n unieke patroon.  Ek het uiteindelik besluit op die harlekyn steek.  Dit is ’n maklike en vinnige patroon wat baie mooi uitdraai.

Read more.


Die droog van kosseDROEER

Dagsê Lesers,

Met die beurtkrag wat tans geïmplementeer word, het ons begin wonder oor alternatiewe metodes om kos te stoor.

Mens kan baie goed natuurlik verwerk en inlê, maar dit is nie die enigste oplossing nie!
Kos kan ook met baie groot sukses gedroog word. Daar is baie video’s op die internet oor hoe om voedsel suksesvol te droog en ons het bietjie ondersoek gaan instel.

Omdat ons self een maal gedroogde groente gekoop het en dit so te sê oneetbaar was, was ons baie skepties. Een van ons lesers het vir ons ’n houertjie gedroogde boontjies gegee en nadat ons dit geproe het, was ons verbaas. As mens nie weet dat die bone voorheen gedroog was nie – sou jy dit beslis nie kon proe nie, nie soos die rou gedroogte groente wat ons gekoop het wat vol preserveer middels was nie.

Die groot geheim om jou eie groente te droog kom in by die gaarmaakproses.

Read more.


Die droog van tamatiesTamatie 1

Dagsê Lesers,

Tamaties kan ook met sukses gedroog word.
Nou ja mens kan nou seker nie ’n slaai van die tamatie maak as dit eers gedroog is nie, maar mens kan as dit weer gehidreer is ’n tamatie en uiesous daarvan maak, of dit in ’n bredie sit of selfs in ’n sop gebruik.

Hier is die inligting wat ons leser, Fanie van Wyk aan ons gestuur het aangaande die droog van tamaties.

Hierdie tamaties was 3.5kg.

En lyk so na dit gedroog is.

Read more.


Bloukransrivier monumentHerdenking van die Groot Moord van Bloukrans op 17 Februarie 1838

Vandag is dit presies 177 jaar gelede wat die Groot Moord van Bloukrans en Weenen plaasgevind het.
Toe Piet Retief en sy geselskap met Dingaan gaan onderhandel het oor ’n stukkie grond in Natal

Read more.


Volgraan Droë KoeksistersKOEKSISTER_VOLGRAAN

Dagsê Lesers,

Oor die algemeen eet ons nie koeksisters nie, omdat dit te soet en stroperig is na ons sin. Hierdie koeksisters is ’n treffer in ons huis omdat hulle nie so verskriklik stroop trek soos gewone koeksisters nie en daarom het ons dit  die naam droë koeksisters gegee.

Hierdie volgraan koeksisters mag dalk nie so aantreklik soos die gewone koeksisters lyk nie maar laat ek julle vertel hulle smaak

heerlik!

Hier is die resep:

Read more.


Suurdeeg BeskuitBeskuit

Dagsê Lesers,

Beskuit! Ja, dit is die een ding waar sonder baie mense nie kan klaarkom nie, so lekker om net gou saam met ’n koppie koffie te geniet en dan sien mens sommer weer kans vir die wêreld.
Hierdie beskuit neem nou wel ’n bietjie tyd, maar die eindproduk is dit alles werd.
Bestanddele:

Stap 1 – Begin Deeg:

Read more.


Soet Suur Kruie DoopsousDOOPSOUS_SOET_SUUR

Dagsê Lesers,

Hierdie doopsous maak ons al vir jare en dit bly ’n treffer. Almal is altyd so verbaas om te hoor wat die bestanddele is en die bak doopsous is altyd leeg as die gaste huis toe gaan.

Indien jy ’n soeter doopsous verkies, kan jy altyd net bietjie meer kondensmelk in die mengsel inmeng.
Dit is heerlik saam met aartappelskyfies en ons het dit al saam met sout koekies ook geëet en dit is net so lekker.

Hier is die resep:

 

Bestanddele:

Read more.