Kruisement

Kruisement

 

Plant en Groei:

Kruisement hou van baie water en volson. Hierdie krui versprei deur middel van ondergrondse lopers en is indringend van aard. Dus indien jy nie wil hê kruisement moet jou tuin oorneem nie; plant dit ‘n pot met ‘n effense kleigrond wat die vog beter vashou.

Plantmaats:

Kruisement  is ‘n afweerder van miere, luise, kool-vlieë en vliegkewers, die dat dit goed saam die volgende plantmaats groei:

  • Tamaties
  • Kool
  • Broccoli

Moet nie kruisement saam met die volgende plant nie:

  • Komkommer
  • Pietersielie
  • Kamille

Voordele van Kruisement:

Kruisement is BAIE goed vir die spysverteringstelsel deurdat dit die volgende bevorder:

  • Anti-spasmaties
  • Bevorder die vorming van verteringsappe
  • Ontspan die derm en maagwande

Dit is ook opkikkerend van aard en kan dus wakkerheid verbeter en die konsentrasie opskerp
Kruisement is goeie insek afweerder onder andere kokkerotte, muskiete en vlieë.

Maniere om Kruisement te stoor:

  • Droog:
    •  Kan die blare droog en fynmaak in ‘n voedselverwerker
    •  Stoor in ‘n lugdigte houer vir latere gebruik, byvoorbeeld vir tee
  • ‘n Kruisement stroop kan gemaak word van vars blare en suiker. Die stroop kan in die yskas gebêre word en verdun word met sodawater, limonade of ystee.

Kruie-apteek:

  • Maak ‘n kruisement tee deur 20ml gedroogde kruisement blare in ‘n koppie kook water te laat trek vir sowat 10minute. Haal dan die blare uit deur dit of deur ‘n teesiffie te giet, of die tee deur ‘n plunjer te suig. Dit is indien jy nie van jou eie teesakkies gebruik maak nie.
    Hierdie tee kan vir die volgende kwale gedrink word:

    • Naarheid
    • Sooibrand
    • Prikkelbare derm-sindroom
    • Koliek
    • Indigestie
    • Winderigheid
    • Skeelhoofpyn
    • Koors
    • Treinsiekte
  •  Bogenoemde tee kan ook gebruik word as ‘n afspoel middel vir ‘n jeukerige vel.
  • Vars blare (of ‘n paar druppels essentiele olie) kan in kook water gesit word en die stoom ingeasem word om die volgende simptome te verlig:
    • Naarheid
    • Sinus
  • Essentiele olie kan by water gegooi word en met ‘n lap oor oppervlaktes gesmeer word om kokkerotte af te skrik
  • Essentiele olie kan by room gevoeg word en aan die lyf aangewend word, of in ‘n olie lampie gegooi word saam met jou huidige lampolie of paraffien, om muskiete en vlieë weg te hou. (Dit mag dalk vir baie mense aangenamer ruik as die gewilde citronella)

Waarskuwings:

  • Moenie gebruik tydens swangerskap of borsvoeding nie.
  • Moenie te lank Kruisement stoom terapie toepas nie, aangesien dit irriterend kan wees vir die slymvliese.

*Neem asseblief kennis dat nie ek of Mariette deskundiges is nie.  Hierdie inligting is bedoel om algemene inligting aan u te verskaf.  Moet asseblief nie uself probeer diagnoseer of behandel nie.  Raadpleeg u geneesheer voordat enige kruie raat gebruik word.  Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige newe effekte nie*

Leave a Reply