
Bestanddele:
500ml Koekmeel
50ml Fyn Gemmer
5ml Fyn Kaneel
2.5ml Koeksoda
2ml Seesout
250ml Suiker
80ml Stroop
1 eier
180g Botter
Bruinsuiker om koekies in te rol
Metode:
Sif die koekmeel, gemmer, kaneel, koeksoda en sout saam.
In ’n aparte bak meng die botter en suiker tot lig en romerig.
Meng die eier apart met ’n vurk. Voeg die eier by die botter mengsel en meng baie goed. Voeg die stroop by.
Voeg helfte van die meel mengsel by en meng goed, voeg dan die res van die meelmengsel by en meng tot deeg gevorm het.
Maak klein balletjies en rol dit in die bruinsuiker. Plaas op reeds voorbereide bakplaat. Dit is nie nodig om die balletjies plat te druk met ’n vurk nie – dit word self platter as dit bak.
Bak vir ± 15minute by 180°C.
Laat afkoel op draadrakkie en bere ’n lugdigte houer.
Klik hier om die Dagbeplanner vriendelike formaat af te laai
Ek het die resep hoog en laag gesoek. Tant Sannie het altyd die spesefieke koekies gebak. Heerlik!!!!
Goeiedag Bernadine,
Ons is baie bly dat jy ons kom besoek het en die resep opgespoor het.
Lekker bak!
Ek soek al lank na die resep!!! Baie dankie. Ek gaan dit beslis Bak!! Baie dankie!!
Goeiedag Bernadine,
Baie bly dat ons kon help? Geniet dit, hulle is BAIE lekker.
Groete.
Gaan probeer defnitief