Heerlike Piesangbrood Resep

Dagsê Lesers,

Vandag deel ek graag my piesangbrood resep met julle! Die geur van die broodjie sal verbeter as dit in ’n lugdigte houer gebêre word vir so paar twee dae. (As jy so lank kan wag!)

Piesangbrood
Continue reading…

Tuin take vir September

Dagsê Lesers,

Hier is weer ‘n handige lysie vir take in die tuin vir September.

Petunias

In die groentetuin:

Plant:

Aartappels, artisjokke, aspersies, basielkruid, beet, blaarslaai, blomkool, brokkoli, dill, echinacea,  eiervrugte, ertjies, kattekruid, koljander, komkommers, komkommerkruid, kool, marjolein, mielies, orego,  pampoen, patat, radyse, rissies, roket, salie, seldery, soetrissies, spanspek, spinasie, skorsies,  stam- en rankbone, stevia,  tamaties, vinkel,  waatlemoen & wortels.

Continue reading…

Nuutste Produk – Semel beskuit

Dagsê Lesers,

Ons het onlangs al ons beskuit resepte verander en maak nou ook hierdie heerlike semel beskuit met All Bran flakes bygevoeg.

Die beskuit is heerlik en proe soos ontbyt in ‘n beskuit!

Kyk gerus daarna in ons aanlyn winkel en bederf jouself met ‘n lekker pakkie beskuit!

Groete,


Appelkoos konfyt

Dagsê lesers,

Hierdie jaar was ons baie gelukkig en het ons appelkose van ons appelkoos bome af gekry. Die eerste oes in 5 jaar!

Ons het dadelik aan die werk gespring en heerlike appelkoos konfyt gekook.

Die lekker tuisgemaakte appelkooskonfyt is nou beskikbaar in ons winkel.

Bestel joune nou om teleurstelling te voorkom, voorraad is beperk.

Groete!


Tuin take vir November

Dagsê Lesers,

Ek kan byna nie glo dat dit alweer November maand is nie.

Hemerocallis (Daglelie)

Hier is ‘n handige lysie van tuintake vir November om die hande mee besig te hou.

In die groente en kruie tuin:

Continue reading…

Hoe hou jy van jou koekies?

Dagsê Lesers,

Ons het onlangs begin om koekies te bak en vra altyd vir ons kliënte hul terugvoering.

Ons verwelkom alle terugvoer positief sowel as negatief sodat ons kan saam werk en oplossings kan vind vir probleme en ons produkte kan verbeter!

Vanoggend het ons terugvoering gekry dat die koekies te sag is.

Ons ongevulde koekies is hard en krakerig maar sodra dit saam met die gevulde koekies verpak word trek dit die vogtigheid in die blik en word almal ewe sag!

Ons het dadelik aandag aan die probleem gegee en is nou besig om te toets hoe ons dit kan hard hou. Ons het die gevulde koekies apart geseël en sal in ‘n dag of twee die blik oopmaak en sien of dit die probleem oplos.

Baie dankie aan elke kliënt wat terugvoering gee sodat ons, ons produkte kan verbeter en die beste moontlike produk te kan lewer.

‘ n Algemene wenk om harde koekies te laat sag word is om ‘n snytjie brood in die koekie blik te sit.

Hoe hou jy van jou koekies hard en krakerig of sag?

Laat weet ons gerus hoe jy jou koekies verkies!


Belangrike veranderings

Dagsê Lesers,

Ons wil net graag dit onder julle aandag bring dat ons bank besonderhede verander het.

Die nuwe besonderhede sal op die faktuur aangeteken word.

Groetnis,


Hekelpen Sakkie – Patroon

Dagsê Lesers,

Vandag deel ek graag met julle ‘n gratis hekelpatroon om ‘n sakkie te hekel vir jou hekelpenne.

Die hekelpen sakkie patroon is ontwerp deur Dedri van www.lookatwhatimade.net

Ek het ‘n foto van die hekelpen sakkie op facebook raakgeloop en die patroon gaan soek.
Ek het al voorheen ‘n hekel pen sakkie gehekel maar die penne waarvoor ek dit gehekel het is vir my moeilik om mee te werk, dit verdeel die gare of wol drade die hele tyd en voor ek my kom kry los ek die hele projek.

Continue reading…

Tomato and Onion Sauce

Good day Readers,

We published this recipe in Afrikaans and a request was made for the recipe to be translated, so here goes:

This tomato and onion sauce recipe is one of my favorites to make. I like the fact that I can bottle this sauce and store it in the pantry so that I can use it as needed. This recipe makes about 1.8 litres of sauce.

TAMATIE EN UIE SOUS x

The recipe: Continue reading…


Oneindigende Katoen Serp

Dagsê Lesers,

Ons is baie opgewonde om die nuutste toevoeging tot die aanlyn winkel met julle te deel.

Hierdie Oneindigende Serp is van katoen gare gehekel wat van Turkye af kom. Ek het dit heel toevallig in ‘n winkel raakgeloop. Dit is so sag en snoesig ek kon net eenvoudig nie daarby verby loop nie!

Gaan loer gerus in ons aanlyn winkel daarna deur op die skakel te klik: Oneindigende Serp

Hierdie serp is dadelik beskikbaar. Kontak ons gerus indien jy graag  so ‘n serp wil bestel in ander kleure.

Groete,