Heerlike Piesangbrood

Die geur van die broodjie sal verbeter as dit in ’n lugdigte houer gebêre word vir so paar twee dae. (As jy so lank kan wag!)

Piesangbrood

Bestanddele:

1/2 koppie Botter
1 koppie Suiker
2 Eiers
2 koppies Koekmeel
2 teelepels Bakpoeier
4 Piesangs
1 teelepel Vanielje geursel
1/2 teelepels Sout

Metode:

  • Klits die botter en suiker saam tot dit romerig is.
  • Voeg die vanieljegeursel by.
  • Voeg die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging.
  • Sif die droë bestanddele saam en voeg dit by.
  • Druk die piesangs goed fyn en voeg dit laaste by.
  • Meng alles goed saam en skep dit in ’n voorbereide broodpan.
  • Bak dit een uur lank op 180°C

Geniet!