Tuintake vir Oktober

Good day Readers,

Hier volg weer ’n nuttige lysie van tuin take vir Oktober.

BLOUREEN

In die groente en kruie tuin:

Plant:

Aartappels, artisjokke, aspersies, basielkruid,

beet, blaarslaai, dill, echinacea, eiervrugte, kattekruid, koljander,

komkommers, komkommerkruid, kool, kruisement, marjolein, mielies, orego, pampoen, patat, pietersielie, radyse, rissies, roket, salie, seldery, soetrissies, spanspek, spinasie, skorsies, stam- en rankbone, stevia, tamaties, tiemie, vinkel, waatlemoen & wortels.

In the flower garden:

Plant:

Asters, celosias, jakobregoppe, kappertjies, petunias, salies & sonneblomme.

Ander tuin take:

Plant somerblommende meerjariges soos agapante, daglelies, kannas & papierblomme.
Plant immergroen heinings en hou dit nat. Dit is beter om weekliks te deurweek as om gereeld net oppervlakkig nat te maak.
Knip dooie blomme en groeipunte van asaleas af.
Gaan rose na vir luise, swartvlek en meeldou. Behandel dadelik.

Enjoy your gardening!

Mariette

Leave a reply

You must be logged in to post a comment.